GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Laerskool Anton van Wouw: Akademie en leiers

Spelathon wenner Mia Nell in graaad 7 het na die eindronde van die ATKV-Spelathon-kompetisie deurgedring en is as die kampioen bekroon.

Spelathon wenner Mia Nell in graaad 7 het na die eindronde van die ATKV-Spelathon-kompetisie deurgedring en is as die kampioen bekroon.

Wouwtjies woeker met wiskunde.

Een van die Wouwtjies (leerders van Laerskool Anton van Wouw) se lekkerste vakke, is wiskunde. Drie slimkoppe dring deur na die Wiskunde Olimpiade van die departement op distriksvlak. Meiring van Zyl (graad 5), Ruan Vorster (graad 5) en De Wet Groenewald (graad 7). Die SAOU bied elke jaar ‘n wiskunde-pretdag aan, waarna leerders wat uitsonderlik presteer in wiskunde, spesiaal genooi word. Vanjaar het vier van ons kinders hierdie pretdag by UP bygewoon. Hulle is David de Villiers (graad 7), Kieron du Plessis (graad 7), Tiana Köpplinger (graad 7) en Mikal Venter (graad 6).

FAK internasionale Afrikaans-ekspo

Christian Brink (graad 7) het aan die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo deelgeneem en is as ‘n kategoriewenner (opstel) bekroon.

Hokkie ligawenners

Die o.13A hokkieseuns is as wenners bekroon tydens die Hoërskool Menlopark aandreeks en hulle het as kampioene uit die stryd getree met die A1-liga. Hulle het die afgelope vakansie ook aan die Champ of Champs-toernooi in Potchefstroom deelgeneem, waar al die ligawenners van verskeie provinsies teen mekaar meegeding het.

Wouwtjies “Sing in harmonie” en die ATKV Applous-kompetisie

Beide die Anton van Wouw Junior- en Seniorkore het vanjaar aan die “Sing in Harmonie”-kompetisie wat deur KykNet aangebied word, deelgeneem. Albei kore word gekroon as streekwenners en dring deur na die landwye eindronde (binnelandse provinsies). Ons Juniorkoor, o.l.v. dr. Riekie van Aswegen, behaal die tweede plek in die landwye kompetisie. Hulle eindig slegs 0,2% ná die wenners. Dit is die eerste keer dat ons Juniorkoor aan dié kompetisie deelneem. Hulle wen egter vanjaar die Applouskompetisie vir Juniorkore, waar hulle ook aangewys word as die beste Juniorkoor in Suid-Afrika. Dr. Riekie word bygestaan deur Elmien Logan en Ané Friedrich. Ons Seniorkoor het twee jaar gelede ook aan die “Sing in Harmonie”-kompetisie deelgeneem. In 2015 is ons koor as die beste Seniorkoor in die landwye kompetisie gekroon. In 2016 kon ons nie deelneem nie, omdat ons die vorige jaar wenners was. In 2017 neem ons vir die tweede keer deel aan dié kompetsie. Sondagaand het ons wéér die eerste prys verower en word ons Seniorkoor vir ‘n tweede keer aangewys as landwye wenners in hierdie uiters straf kompetisie, wat strek van Limpopo tot in die Vrystaat. Die Seniorkoor, o.l.v. Vaughan van Zyl, is tydens beide geleenthede bygestaan deur Almien Brits en Liezel Botha. In die 93 bestaansjare van Laerskool Anton van Wouw, is dit die beste prestasie ooit deur ons kore en word die geskiedenisboeke weer herskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button