CrimeNews

OPVOLG: Geen antwoorde na noord-pa se moord

Sy hande was vasgemaak en hy is op sy bed geskiet.

Nog niemand is in hegtenis geneem oor die moord op ’n pa van vyf in Ninapark nie.

Sakkie Verster (56) is op 4 Januarie dood aangetref nadat rowers op sy huis naby die Heatherdale-begrafplaas toegeslaan het.

Volgens polisie was sy hande vasgebind en was hy op sy bed toe hy geskiet is.

Sy tienerdogter en haar vriendin, wat ook in die huis was tydens die rooftog, is vasgebind maar ongedeerd gelaat.

Verster se buurman Chris Zietsman (79) het vroeër vertel hoe die tienermeisies hulself bevry het nadat die rowers die huis geplunder en met hul buit gevlug het.

Zietsman het die tieners oor die muur tussen die twee erwe gehelp en die polisie gebel.

ALSO READ: Pta-noord man terug straat toe na aanval

Verster is verlede Vrydag deur sy familie begrawe.

Jo-Anne, een van sy vier dogters, beskryf Verster as ’n lieftallige familieman met ’n goeie sin vir humor.

“Ek kan nie verstaan hoekom dit gebeur het nie … hoekom hy moes doodgaan,” sê sy.

Jo-Anne sê haar jonger suster is nog erg getraumatiseerd na die moord op hul pa.

“Sy bly tans by haar ma.”

Sy sê: “Ons (familie) wag angstig op antwoorde; enigiets wat polisie kan help om my pa se moordenaars op te spoor.”

Polisiewoordvoerder kaptein Rebecca Phatlane sê ’n polisie-ondersoek duur voort.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button