CrimeNews

OPVOLG: Wes-man herstel goed na wrede aanval

“Hy het Dinsdag ’n operasie ondergaan waar hulle plate in sy been ingesit het.”

’n Bejaarde man in die weste van Pretoria herstel goed nadat hy met ’n koevoet aangeval is.

Hennie Bekker van die burgerregteorganisasie AfriForum sê die man sterk tuis aan. “Hy het Dinsdag ’n operasie ondergaan om plate in sy been aan te bring,” sê vertel Bekker.

LEES OOK: NUUSFLITS: Weste man krities na aanval op kleinhoewe

“Sy vrou sê hy het nog baie seer, maar sy herstelproses vorder goed. ”

Bekker sê AfriForum se trauma-eenheid hanteer die saak. Die man is in ’n kritieke toestand na die hospitaal gehaas nadat hy Maandagoggend op sy kleinhoewe aangerand is.

AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê dit het omstreeks 06:50 naby Zandfontein gebeur. Cameron sê die man, in sy sewentigs, is met ’n breekyster aangerand.

“Hy was op pad na sy werkswinkel op sy kleinhoewe toe hy deur twee mans oorval en aangerand is,” sê hy.

LEES OOK: AfriForum-takke in Pretoria oorhandig plaasaanvalmemorandum aan polisie

Cameron sê die twee misdadigers het met die man se voertuig gevlug, wat later in Cosmo City opgespoor is.

“Nooddienste en die polisie is na die toneel ontbied. Die man is op die toneel behander voordat hy na die hospitaal gebring is,” sê Cameron.

Bekker sê niemand is nog oor die aanval in hegtenis geneem nie.

Die gesteelde voertuig is in Cosmo City opgespoor. “Ongelukkig was daar nog geen verder suksesse nie,” sê hy.

LEES OOK: OPVOLG: Wes-man sterk aan na blou aap aanval

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button