CrimeNews

OPVOLG: R300 000 beloning vir inligting oor onopgeloste Weste moord

Slagoffer se pa tot vandag toe oortuig sy seun is deur ’n sluipmoordenaar geskiet.

’n Pa van die weste van Pretoria sê hy is bereid om ’n R300 000 beloning te betaal vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van sy seun se moordenaars.

“Ek is selfs bereid om meer te gee as ek weet my seun se moordenaars gaan gevang word,” sê Jury Hayes senior.

“Mens weet nie wanneer jou tyd is nie en ek wil berusting hê voordat ek eendag doodgaan.”

Die moord van Jury Hayes junior op 2 Maart 2015 het die mense van Pretoria-Wes geruk.

LEES OOK: Verhoordatum vasgestel vir Moot mangat-moord

Hy is by sy besigheid, Toyco Motor Spares in Soutterstraat, vermoor.

Volgens die polisie is hy tydens ’n rooftog in die rug geskiet. Hy was 40 jaar oud.

Rekord het voorheen berig dat sy pa tot vandag toe oortuig is dat sy seun deur ’n sluipmoordenaar geskiet is.

“Drie dae voor sy dood het hy my gebel en gesê dat hy bang is en hy vrees vir sy lewe,” het hy gesê.

Volgens Hayes senior het die moordenaars niks gesteel nie.

LEES OOK: OPVOLG: Nog geen nuus oor weste onopgeloste moord

“Toe hy by ontvangs vanuit die agterjaart by sy besigheid instap, het hulle hom geskiet en van die toneel af weggejaag.”

Enkele minute voor Hayes junior se moord is die bestuurder van Pretoria Chicken and Meat vermoor toe hy op pad was om die naweek se geld van die slaghuis in die bank te deponeer.

Louis du Toit is geskiet toe hy uitstap. Hy was 29 jaar oud.

Sy aanvaller het met die geldsak verdwyn.

Die moordsaak van Du Toit is in 2016 by die hooggeregshof in Pretoria onttrek nadat die staatsgetuie vermoor is voordat hy kon getuig.

“Jury was lief vir die veld, diere en die see. Ons glo hy het 80 jaar gelewe in sy 40 jaar,” sê sy pa.

Die Pretoria-Wes polisiekantoor kon teen druktyd nie kommentaar lewer nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button