CrimeNews

OPVOLG: Twee van noorde in hof na jong man se dood

Die slagoffer is glo deur vriende aangerand.

Twee mans het Donderdag in Pretoria-Noord se landdroshof verskyn in verband met die dood van ’n jong inwoner ná ’n aanranding.

LEES OOK: OPVOLG: ‘Moord’-vriende weer in hof

Christopher van der Westhuizen en Marchant Bredell word albei van moord aangekla.

Hulle is verlede week in hegtenis geneem.

Die slagoffer, Richard Wood (26) van Pretoria-Noord, is drie maande gelede in Ga-Rankuwa-hospitaal dood nadat hy erge breinskade opgedoen het.

Hy is glo deur vriende aangerand,

Van der Westhuizen en Bredell is albei uit op borgtog en sal op 14 Maart weer in die hof verskyn.

Richard Wood. Foto: Verskaf

LEES OOK: ‘Vriende’ in hof na Pta-Noord seun se moord

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button