CrimeNews

OPVOLG: Noord-swendelaar uit op R2 000 borg

Sy sal na verwagting weer einde Februarie in die hof verskyn.

’n Gesoute swendelaar van Pretoria-Noord is steeds uit op borgtog, ten spyte van ’n hofverskyning verlede week.

Marita Grobler, wie aangekla word van diefstal, se saak is uitgestel tot 27 Februarie vir verdere ondersoek, volgens polisiewoordvoerder kaptein Rebecca Phatlane.

ALSO READ: Noord-swendelaar se borgaansoek weer uitgestel

Grobler het vroeër vanjaar R2 000 borg betaal nadat sy aanvanklik versuim het om dié bedrag aan die hof te betaal .

Sy is voorheen skuldig bevind aan diefstal en bedrog.

In 2013 het Grobler haar onder meer as ’n verhuringsagent voorgedoen het en huurgeld van voornemende huurders ingevorder.

In daardie stadium was polisie-ondersoeke van bedrog en diefstal teen haar reeds aan die gang.

Klagtes teen Grobler is al in 2010 by die polisiekantoor aangemeld.

ALSO READ: Noord-swendelaar terug in hof

Grobler is verlede jaar in Novermber weer vasgekeer toe ’n pa van Pretoria-Noord die polisie op haar spoor gesit het.

Volgens dié pa het Grobler ’n huis aan sy dogter “verkoop” en daarna die woning aan hom ook probeer smous.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button