GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Menlo-redenaars presteer

Wanneer hierdie sprekers iets wil sê, kan jy maar luister.

Die afgelope week het 85 reggebekte leerders van Hoërskool Menlopark aan die Van Huyssteens-oratorsfees deelgeneem.

Die sprekers het ingeskryf in die Afrikaanse, tweetalige en Engelse afdelings.

In die Afrikaanse individuele afdeling vir graad 10 het Ruben van der Merwe as wenner weggestap, Hanlie Botha het die Engelse individuele afdeling vir graad 9 gewen en die graad 11 Engelse individuele afdeling is deur Reinet le Roux verower.

Karmen Wiid stap weg as beste tweetalige spreker in graad 11 en Embeth du Toit as beste tweetalige spreker in graad 12.

Die graad 10 tweetalige span wat bestaan het uit Ruben van der Merwe, Ben-Nathan Ras, Janél du Toit en Carli Viljoen is ook as wenners van die graad 10 tweetalige spanafdeling gekroon.

Die leerders ontvang ’n hamertjie soos dié wat in ’n hofsaal gebruik word as prys.

Embeth het haar vyfde hamertjie in ontvangs geneem by vanjaar se oratorsfees, terwyl Karmen haar vierde hamertjie verower het.

Wanneer hierdie sprekers iets wil sê, kan jy maar luister.

Embeth du Toit en Karmen Wiid. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button