GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Menlo praat ‘n storm los!

Menlopark is van die min skole waar debat en redenaars uitsonderlik presteer en leerders in groot getalle opdaag om hulle sê te sê.

Hoërskool Menlopark se redenaars het weer hulle woorde reg agtermekaar gehad om die woord te voer.

Menlopark is van die min skole waar debat en redenaars uitsonderlik presteer en leerders in groot getalle opdaag om hulle sê te sê.

By die ATKV-redenaarskompetisie het die Menlo-sprekers hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en 5 van hulle is deur na die ATKV-finaal wat later die jaar op 2 Augustus by die ATKV-Goudini Spa in Worcester sal plaasvind.

Hulle is soos volg: Dinah Motileni (gr. 9) wat voorbereid in Afrikaans Addisionele Taal gepraat het en in Afrikaans Huistaal het Klaradyn Moolman (graad 9), Ruben van der Merwe (gr. 11) en Karmen Wiid (gr. 12) met hulle onvoorbereide toesprake die beoordelaars betower en Kian Taljaard (gr. 11) het in die voorbereide afdeling sy woorde laat tel.

Behalwe vir hierdie Menlo-sprekers wat hulle spreekwoordelike staal in Goudini gaan wys het nog 5 Menlo-sprekers ook onder die top-10 in die streek geëindig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button