Local newsNews

Geletterdheid word bevorder op internasionale dag

“Die tema was bevordering van lees, geletterdheid en moedertaal - om die noodsaaklikheid van lees te beklemtoon.”

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het onlangs Laerskool Hermanstad besoek om Internasionale Geletterdheidsdag te vier.

Die besoek is afgelê in samewerking met ATKV en Vriende van Afrikaans (VVA).

“Die tema was bevordering van lees, geletterdheid en moedertaal – om die noodsaaklikheid van lees te beklemtoon,” vertel projekbestuurder Merlyn van der Rheede.

“’n Groot groep geesdriftige onderwysers en ouers was gretig om hul kennis wat hulle tydens die werkswinkel opgedoen het, aan hul kinders te gaan oordra,” sê sy.

VVA het ook ’n boektrommel aan Nantes Primêre Skool in Eersterust geskenk.

“Daarmee saam het hulle die nodige boekopvoeding gegee om leerders die waarde van boeke aan te leer, asook die waarde van lees,” sê sy.

Verskeie boeke is deur Chareldine van der Merwe en Mandie Ehlers van die VVA voorgelees.

“Entoesiastiese graad R-leerders het spontaan aan die verrigtinge deelgeneem en het dit terdeë geniet.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button