Local newsNews

Liefdes-duifies vier 60 jaar saam

'n Paartjies van Pretoria het 'n oulike resep vir 'n suksesvolle huwelik.

’n Geliefde en liefdevolle paartjie wat al 49 jaar in Murrayfield woonagtig is, vier op 3 Oktober 2019 hul 60e huweliksherdenking.

Koos (81) en Irene (80) Wium het ’n lang en romantiese geskiedenis. Hul verhaal begin in die 1950s toe díe twee mekaar op Stellenbosch ontmoet het toe Irene nog op skool by Rhenisch Girls High was en Koos by die Stellenbosch Universiteit studeer het.

“My pa is gebore op Stellenbosch en my ma in Johannesburg, sy het wel in Mufulira, Noord-Rhodesië (Zambië) grootgeword en dis daarom dat díe tweetjies in 1959 in Mufulira getroud is,” sê die paartjie se seun Jaco Wium.

Kort daarna is die paartjie geseën met drie avontuurlustige seuns, later vier kleinkinders en het twee agterkleinkinders wat in Australië woon.

“Ongelukkig sal my ouers nie hierdie ongelooflike mylpaal kan vier met ’n groot fees nie, my pa is met kanker gediagnoseer so ruk terug en is tans in die hospitaal waar hy herstel. Hy is sterk en is klaar besig om verbetering te toon, hy word baie mooi na gekyk in die hospitaal. My ma is by hom, en daar is reeds ‘n hele paar mense daar gewees om hulle geluk te wens,” verduidelik Jaco.

LEES MEER: VIDEO: Reisigers-paar vier 62 jaar van onvoorwaardelike liefde

Koos het egter ’n uiterse romantiese resep vir ’n suksesvolle huwelik en verduidelik dit soos volg:

“Dit is ’n bredie en word saamgevat in my geliedfe WP-span se borg, DHL. Die D staan vir Dankbaarheid. Dankbaarheid teenoor jou God, jou eggenote, jou familie en vriende en almal wat gehelp het om jou te vorm. Die L is vir Liefde. Dit sluit al die bogenoemde persone in. Hierdie twee elemente is die hoofbestanddele van die bredie.

“Dan kom die spesery: H vir Humor. Die spesery word versigtig bygevoeg na smaak en oor dekades liggies laat prut, deurgeroer, en verander soos nodig om ’n eie unieke smaak na vore te bring. Die speserye hoef nie noodwendig so eksoties soos saffraan te wees nie. Almal weet hoe lekker dit is om ’n peperkorrel raak te byt of selfs ’n stukkie brandrissie. Indien nodig, sny maar bietjie op te veel kerrie. So word die bredieresep maar aangepas deur die jare totdat dit almal pas.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button