EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Namib Woestyn: Ampie se nuwe treffer

Bekende kunstenaar Ampie, het onlangs van Namibië af teruggekom, vol inspirasie vir sy nuwe treffer, Namib Woestyn.

Bekende kunstenaar Ampie, het onlangs van Namibië af teruggekom, vol inspirasie vir sy nuwe treffer, Namib Woestyn. Namib Woestyn het nostalgiese lirieke wat die luisteraars meesleur op Ampie se reis langs die Atlantiese oseaan.

Ons gesels met Ampie oor sy nuwe lied, sy inspirasie en sommer oor die rugby wêreld beker ook!

Wat het Namib Woestyn inspireer?

“Ek was vir twee weke op ’n toer deur Namibië, van Windhoek, na Swakopmund, Henties Baai, Skedelkus deur die woestyn verby Puros tot in Palmwag. Namib Woestyn is geïnspireer deur die ongelooflike landskap.”

Ampie vind ook sy inspirasie uit enige goeie musiek, maar veral uit countrymusiek en in besonder Keith Urban se klanke. Namib Woestyn is ’n lekker saamsingtreffer met ’n country-poptoon wat ideaal is vir ’n padlangse reis.

Watter deel van Namibië het jou hart gesteel en hoekom?

“Ek dink die Skedelkus en sy duine asook Puros Canyon met die woestyn olifante, dit was asemrowend.”

Ampie is ’n man van vele talente. As hy nie skryf en sing nie, dan werk hy voltyds as ’n finansiële adviseur. Hy doen sy nagraads in finansiële beplanning en speel gholf in sy af tye. Ampie is 29 Oktober by Willie & Die Wenspan se Liefdadigheids Golfdag ten bate van Minderbevoorregte kinders, wat by die Silver Lakes gholfbaan gehou word.

READ MORE: Popular Pretoria actor Cobus Visser dies at 70

Ons weet jy hou sommer baie van sport, veral gholf. Wat is jy voorgee en watter baan is jou gunsteling om op te speel?

“Ek het ’n 5 voorgee en my gunsteling baan is die Woodhill Country Club gholfbaan in Pretoria Oos.”

Waar gaan jy die rugby wêreldbeker eindstryd kyk en saam met wie?

“Ek gaan dit saam my verloofde, Elaine, en vriende sommer by die huis kyk en braai.”

Kyk hier na Ampie se nuwe musiekvideo vir Namib Woestyn.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button