Die Hoërskool Zwartkop het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe deelgeneem.
Die Zwaries-skaakspeler Andri de Villiers (graad 8) het vir die o.14 A-span gespeel wat ’n eerste plek behaal het. Sy ontvang ook die “bordprys” vir die beste eerste bord wenner in haar ouderdomsgroep.
James Nel (Gr 9) was deel van die o.16 B-span wat die tweede plek verower het.
Minette de Souze-Allergia (graad 9) speel vir die o.16 A-dogterspan wat vierde geëindig het.
Heinrich Smuts (graad 10) was deel van die o.16 C-span wat die vierde plek ingeneem het.
Meiring Wassermanne (graad 11) het vir die o.18 B-span gespeel wat ’n vyfde plek behaal het.
Minette de Souze-Allergia en Andri de Villiers het deurgedring na die individuele SA Junior Geslote Skaakkampioenskappe wat later vanjaar gehou word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.