CompetitionsEntertainmentLifestyleLocal newsNews

KOMPETISIE: Wen ‘My naam is Legio’ boek

Misdaad, demone, verlies en misterie. Skryf hier in om Madelein Rust se nuutste titel los te slaan.

In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige nie net teen ’n demoon-uitdrywer nie, maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

Gaan Renata antwoorde vind voordat dit te laat is? Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van ’n afskuwelike geskende lyk.

Dit neem doktor Renata Malan, ’n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel ’n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens ’n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.

Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is? Het sy die moordgeen by hom geërf? In die lig daarvan, durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan?

In hierdie vyfde roman in die Malan & Coetsee-reeks vind sy uiteindelik antwoorde, hoewel party daarvan met byna onverteerbare pyn gepaardgaan.

My naam is Legio volg op Monstersaad, Bloedlyn, Moordhuis en Lam ter slagting met Renata Malan as forensiese sielkundige.

Staan ’n kans om een van vyf uitgawes te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderste kompetisievorm in en gebruik ‘LEGIO’ as die sleutelwoord.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button