‘n Ware sprokiesverhaal van paartjie in die Moot
Die 86-jarige het op 'n dag 'n foto van sy 'beeldskone' Kleina gesien en vir sy sussie gesê: "Sjoe! Hierdie dame is mooi, ek dink ek gaan met haar trou."
“My roos van skoonheid. Ek sal jou ewig min, my koningin.”
Dit is die woorde van Isak Steyn (86) aan sy vrou Kleina (84) nadat hulle onlangs hul 60e huweliksherdenking gevier het.
Nadat Isak op die ouderdom van 19 ’n foto van Kleina teen sy sussie, Jenette, se kamermuur gesien het, het hy dadelik geweet dat hy met haar gaan trou.

Jenette en Kleina het jare saam in Pretoria se middestad gewerk.
“Sjoe! Hierdie dame is mooi, ek dink ek gaan het haar trou,” het hy destyds aan sy suster gesê.
Kleindogter, Chanteney de Bruin vertel dat Jenette gegiggel het toe hy dit vertel, want min het sy geweet dié jonge dame nie maklik sommer net saam met ’n man uitgaan nie.
LEES OOK: Oos inwoners vier 60 jaar huweliksherdenking
Na menigde male se gesmekery om saam het haar uit te gaan, het sy uiteindelik ingestem en die afspraak is gereël.
’n Rolprent was dié twee se eerste romantiese ontmoeting.
Na ’n hele rukkie, het Isak op die ouderdom van 19 jaar oud haar toe die kys gevra en van toe af was hulle nooi en kêrel.
“My ouma was ’n moeilike nooi en dit het my oupa sewe jaar gevat voordat hy die groot vraag kon vra,” sê Chanteney.
Isak en Kleina het by haar huis in Pretoria-Wes verloof geraak.
Op 8 Oktober 1960 het hulle in die ou historiese NG-kerk in Bosmanstraat die knoop deurgehaak.
Twee jaar later het hulle ’n huis in Queenswood, waar hulle nog al die jare woon, gebou.

Uit hulle huwelik het hulle twee kinders – ’n seun (Seef) en ’n dogter (Cathleen) – in die lewe gebring en is bevoorreg om vyf kleinkinders en ses agter-kleinkinders te hê.
Wat dié twee se verhouding so spesiaal maak, is omdat hulle steeds tot en met vandag toe nog hande vashou en gereeld vir mekaar vertel hoe lief hulle mekaar het.
LEES OOK: Diamant-huwelik vir twee kampioene
“Die is ’n passie wat tekortkom by so baie mense. Hierdie is oneindige, onvoorwaardelike liefde. Dit is vir ons as familie so ’n spesiale sprokiesverhaal,” vertel Chanteney.
Die familie het op dié twee se huweliksherderking groot makietie gehou.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
