Local newsNews

Reading material that you will love

A bunch of new books are available at Lapa. Have a look here.

Interesting reading material for young and old:

The Krugersdorp cult killings by Jana Marx

Eleven murders over a period of four years sent shockwaves through the Krugersdorp community and made headlines nationwide. Eventually these murders were connected to Cecilia Steyn and her cult, Electus per Deus (chosen by God). Members of the cult were willing to do anything for Cecilia – even if it meant committing murder.

The murderers are intelligent, ordinary people – a teacher, a financial broker, and a teenager who – despite her involvement in the murders – still managed to obtain six distinctions in matric and be accepted to medical school.

Through interviews with those in the inner circle, evidence given in court and police files covering a period of four years, Marx attempts to answer the public’s questions and provide a view of the inner workings of such a cult.

Cost: R250

Help! My kind is anders! deur Christien Neser

Hoe om van jou anderster kind ’n ‘A+’-kind te maak. Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is?

Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outisme-spektrum?

Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs? In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel.

In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Koste: R238

Doendinge vir elke dag van die jaar deur Fanie Viljoen

Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie. Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleur-aktiwiteite, wetenskap-eksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonus-aktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê nie.

Koste: R90

Kanaän deur Sophia Kapp

Kan hierdie liefde se prys betaal word? Hulle is pole uit mekaar. Hy is ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop sy in sy arms in, en wanneer haar wêreld om haar in duie stort, bied hy vir haar ’n uitweg – ’n jaar op Kanaän as sy vrou.

Dit behoort haar die geleentheid te gee om die stukke op te tel, besluit Catherine, maar kort voor lank besef sy dat sy aan Chrisjan meer het as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende. Al wat sy nie weet nie, is of sy die verskriklike prys wat hierdie liefde van haar vereis, sal kan betaal.

Koste: R298

Skoolgeld deur Vita du Preez

Wanneer Emma Louw ná ’n motorongeluk haar bewussyn in die hospitaal herwin, het sy geen idee wie sy of die aantreklike vreemdeling is wat langs haar bed waak nie. Daniel Swart slaag egter daarin om haar gerus te stel: Sy is au pair vir sy seuntjie Neal en volgens die dokter is haar geheueverlies net tydelik. Emma is geskok wanneer Daniel haar vertel dat hulle ’n liefdesverhouding het hoewel hy getroud is.

Hy oortuig haar om saam met hom terug te keer na sy plaas Omdraai. Op die plaas begin Emma geleidelik grepe uit haar kinderdae onthou, maar oor haar volwasse lewe is daar steeds ’n donker sluier getrek.

Emma besef gou dat sy meer as blote fisieke aantrekkingskrag voel vir die man wat haar met soveel geduld en deernis versorg. Die emosionele verbintenis tussen hulle verdiep en omdat Emma hom vertrou, is sy bereid om sy seksuele fantasieë saam met Daniel uit te leef.

Maar gaan hierdie ’n duur les wees?

Koste: R213

Glam-Divas-Omnibus: Talia, Didi, Lienka deur Solet Scheeres

Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad 10 is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad 10 is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.

Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie. Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus.

Koste: R264

’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen

“Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees.”

Dit was die woorde van Drien Welman aan haar oudste seun Bennie wanneer hulle vir die soveelste keer by die laaste stukkie kos in die huis gekom het. Bennie neem die leser terug na sy grootwordjare waar die Welman-gesin van nege op Simmer Deep gewoon het – van die middel-sestigs tot middel-tagtigs. Sy verhouding met sy pa is stormagtig want Bennie koester geen respek of liefde vir hom nie. Bernard Welman is aan die een kant ’n gewelddadige woestaard, alkoholis en ’n wildewragtig lorriedrywer en aan die ander kant ’n talentvolle musikant en sanger in eie reg.

Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek. Ten einde die donker wolk van uiterste armoede en ellendes te oorleef leer Bennie om homself te distansieer en dit stoïsyns te verduur.

Hy put krag uit sy ma, ’n trotse vrou, wat deurgaans soos ’n rots onder die aanslae bly staan in ’n poging om die gesin bymekaar te hou. ’n Ballade vir Nkunzi beweeg van die een bisarre situasie na die volgende in ’n kroniek van smart, verraad en ’n goeie skeut galgehumor. Uiteindelik word dit ’n verhaal van triomf van die menslike gees oor verwoestende lewensomstandighede.

Koste: R238

Wetenskaap deur Leon de Villliers

 

Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderstebo wonderlike en snaakse “vyte” oor die mens, die aarde en sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.

Koste: R135

Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser

 

Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense?

Koste: R213

Bethel se berg deur Maretha Maartens

Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ’n Kombi. Hulle leef ’n nomadiese bestaan en bly net vir ’n kort ruk in een dorp voor hulle na ’n volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek.

Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in ’n regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie ’n pa saam met hulle is nie. Al wat Bethel graag wil hê is ’n plek waar sy haarself kan wees…

Koste: R200

Al die titles is beskikbaar by LAPA/All these titles are available at LAPA.

 

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button