Local newsNews

KYK: Moot aktrise vertolk hoofrol in Dalene Matthee rolprent

Karoliena Kapp word vertolk deur die talentvolle Elani Dekker wat in die Moot in Pretoria grootgeword het.

 

Toorbos, die nuutste Dalene Matthee rolprent wat gebaseer is op haar boek van dieselfde naam is in 2003 gepubliseer. Die verhaal handel oor die ontworteling van ’n jong bosmeisie tydens die tydperk van die finale bosbewoners in die Suid-Afrikaanse Knysna-bosse van die 1930s.

Die film vertel die verhaal van Karoliena Kapp, ’n sterk vrou se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ’n struikelblok word in haar ondervinding van die man waarvoor sy lief is.

Karoliena Kapp word vertolk deur die talentvolle Elani Dekker wat in die Moot in Pretoria grootgeword het.

“Karoliena is ’n besonderse intelligente mens wat in die Knysna bos groot geword het. Ek bewonder haar waagmoed om nie tevrede te wees met die drome en vooropgestelde idees wat ander vir haar het nie maar eerder haar intuïsie te vertrou, uit te vind wie sy is en wat sy wil doen. Ek was aangetrokke tot Karoliena omdat sy so ’n ongelooflike komplekse mens is vol goed en sleg, mooi en lelik, sterk en op tye swak,” verduidelik Dekker aan Rekord oor haar karakter.

Elani Dekker. Foto: Mandy Stander

Dalene Matthee is ’n bekende Suid-Afrikaanse skrywer, wat bekroonde titels soos Fiela se Kind (1985) en Kringe in ’n Bos (1984) geskryf het. Haar verhale kan meestal beskryf word as bosverhale omdat dit meestal afspeel in die Knysna bos.

“Dit was ’n ongelooklike groot eer en dit het my oorweldig aanvanklik, maar René, ons regisseur saam met die hele span wat hierdie projek gehelp maak het, het my soveel rustigheid gegee. Ek kon net my beste doen en vertrou in die magiese storie van Daleen Matthee. Uiteraard vereenselwig ek die meeste met Toorbos uit al Dalene Matthee se titels. Ek kan die boek oor en oor lees en elke keer val nuwe dinge my by wat ek nooit vantevore raak gesien het nie.”

Toorbos speel af in die 1930s, wat beteken dat Dekker se karakter heelwat geleentheid gehad het om ’n fantastiese kostuums of rokke te paradeer.

“Die kostuums was wonderlik! Daar was ’n drastiese verskil tussen Karoliena se klere in die bos en dan in die dorp. Ek het dit regtig geniet om in die 1930s se uitrustings te kon speel – hulle het soveel moeite gedoen met hoedjies, handskoene en handsakkies daai tyd.

Elani Dekker as Karoliena Kapp. Foto: Fathom Media

Dekker verduidelik dat die rolprent verfilm is gedurende wintertyd in 2018, wat haar ondervinding in die digte Knysna bos ietwat moeilik gemaak het.

“Dit was die lekkerste om so diep binne in die Knysna bos te wees. As ek kon sou ek self daar gaan bly het. Maar een van die moeilikste aspekte van ons tyd daar was die koue. Die koue weer was uitdagend omdat die bosmense nou nie juis lekker dik jasse kon dra nie.”

Volgens Dekker, is Toorbos ’n ikoniese, eg Suid-Afrikaanse verhaal wat temas van verandering en vooruitgang uitbeeld.

Elani Dekker as Karoliena Kapp. Foto: Fathom Media

“Karoliena word konstant uitgedaag om op te staan vir wat sy glo reg is en om gegrond te bly in haar waarheid. Suid-Afrika is in ’n baie onsekere tyd en hierdie storie sal hopelik vir mense moed gee om aan te hou groei en sterk te staan wanneer dit voel asof ons effens ‘ontwortel’ word,” sluit Dekker af.

Kyk na Toorbos se lokprent hier:

 

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button