Local newsNews

Vories verwelkom graad 1’s

Die leerderraad van die skool, het elke graad 1 met ‘n groot glimlag en hand-aan-hand na die onderskeie klasse vergesel.

 

Kaylin en Cara Badenhorst.

“Waar is dit lekker? Hier is dit lekker!”

Só sê van die graad 1-leerders van Laerskool Voorpos wat Maandag met groot afwagting deur die hekke van die skool gestap het.

Daniel Toerien.

’n Totaal van 95 klein geel-en-maroen-gesiggies het Maandag penregop in hulle onderskeie klassies met groot ogies gesit om te hoor wat hulle hierdie dag alles gaan baas raak.

Die leerderraad van die skool het Maandag elke graad 1 met ’n groot glimlag hand in hand na die klasse vergesel.

Vories het vier graad 1-klasse.

Danté Kriel.
Mariné Slabbert.

Leerderraadslede van Vories, Lilia Joubert, Iske Jansen van Rensburg, Callie Visagie en Francois Boshoff sê dat hulle geweldig opgewonde was om soveel nuwe gesiggies terug te verwelkom.

“Hulle (die graad 1’s) was vreeslik braaf gewees.

Francois Pretorius.
Amilé Swanepoel.

“Daar was nie eens een graad 1 wat trane in hul ogies gehad het nie.

“Die enigste seuntjie wat wel gelyk het asof hy gaan begin huil, was hartseer toe sy boetie by die skool afgelaai is en hy kon nie saam met sy boetie by die skoolhekke instap nie.

Hier is die tweelingsussies, Kaylin en Cara Badenhorst saam met Lilia Joubert en Iske Jansen van Rensburg.

“Hulle is ’n vrek oulike groepie, en nes ons het hulle hul maats geweldig oor die afgelope vakansie baie gemis.”

Die groentjies het reeds met die eerste intrapslag aan die werk gespring waar hulle begin het om die “s” klankie beter te leer ken.

Miané Schoeman en Callie Visagie.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button