Local newsNews

Gr. R Lardies verwelkom sewe tweelinge

"Ons sien uit na 'n jaar van klipharde werk en vet pret!"

’n Skool in die ooste van Pretoria, Laerskool Elarduspark se graad R-sentrum spog hierdie jaar met sewe tweelinge.

Lardies het ’n total van 34 tweelinge vir 2021.

Riley en Kaylene Verheem. Foto: Verskaf
Elmé en Milané de Lange. Foto: Verskaf
Skoolhoof Toy Human verwelkom die kinders. Foto: Verskaf

Donkerkoppies Riley en Kaylene Verheem, Elmé en Milané de Lange, Corné en Cara Borcherds, Juandre en Reuben Cloete, Robin en Emily van der Elst, Jemma en Matthew du Toit, Annebelle en Frané van Wyk het verlede week die skoolhekke vir die eerste keer betree.

Lardies se held, het die kleintjies by die hek ingewag en hulle na hulle onderskeie klassies vergesel.

Corné en Cara Borcherds. Foto: Verskaf

“Gr. R is baie beter as die klein skool,” glimlag boetie Corné en sussie Cara.

Die hoof van die graad R-sentrum, Anadia Kornelius, sé die tweelinge en die res van die leerders het na hul eerste week van skool baie goed aangepas.

“Ons sien uit na ’n jaar van klipharde werk en vet pret!”

Annebelle en Frané van Wyk. Foto: Verskaf
Robin en Emily van der Elst. Foto: Verskaf
Lilly Anderson en pappa Cor. Foto: Verskaf

Hoof van Laerskool Elarduspark, Toy Human, sê dat hulle na die eerste week van skool soos volwaarde Lardies voel.

“Lardies is baie opgewonde om die ontwikkeling en vordering van die groot klomp tweelinge dop te hou.

“Hoe opgewonde moes die ouers wees toe hulle uitvind ’n tweeling is op pad. ’n Dubbel geboorte, dubbele werk, maar ook dubbel die liefde en vreugde,” sê hy.

“Wat ’n voorreg is dit nie om 34 pare tweelinge in ons skool te hê met die wete dat die ouers hul kosbaarste besittings in ons hande geplaas het om hulle vir die toekoms te vorm.

“Elkeen geniet dit vreeslik om so speel-speel saam met hulle maats te leer,” vertel Human.

Die leerders het Vrydag aan atletiek deelgeneem.

Hoewel dit nie dieselfde was soos ander jare nie, was dit egter vir elke leerder lekker om weer saam met hulle maats in aksie te wees.

Jemma en Matthew du Toit. Foto: Verskaf
Henro Bronkhorst saam met Laerskool Elarduspark se held. Foto: Verskaf

Dit is heel opvallend hoeveel tweelinge in die onderskeie graadgroepe is.

Daar is vier tweelinge in graad 4, vyf in graad 5 en ses in graad 6.

Die 34 pare tweelinge in Laerskool Elarduspark is soos volg:

– Graad R – 7
– Graad 1 – 3
– Graad 2 – 2
– Graad 3 – 4
– Graad 4 – 4
– Graad 5 – 5
– Graad 6 – 6
– Graad 7 – 3

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button