Local newsNews

Kloof se Karla is SA topkandidaat vir Fisiese Wetenskap, Alfa Wiskunde

Die onlangse afsterwe van een van Kloof se personeellede, Carin de Beer, was haar grootste bron van inspirasie.

Stof maar die HAT af – Karla Reinecke se naam sal beslis daarin opgeteken wees wanneer jy die woord “geniaal” naslaan.

Dié leerder van Hoërskool Waterkloof is as Suid-Afrikaanse se topkandidaat vir Fisiese Wetenskappe asook Alfa Wiskunde vir die klas van 2020 aangewys.

Sy het 100% vir Fisiese Wetenskap verower.

“Ek het nie gedink ek sal 100% kry nie, omdat die tyd my ingehaal het en ek kon nie my vraestel klaar skryf nie.”

Die pandemie was vir haar ’n groot onsekerheid oor wat die jaar sou inhou.

Karla Reinecke. Foto: Verskaf

“Ek het Vrydag ’n oproep ontvang waar ek na die akademiese prysuitdeling toe uitgenooi is.

“Ek het die hele naweek gewonder waaroor dit gaan. Ek het glad nie geweet wat om te verwag nie,” vertel sy.

“Aan die einde van die verrigtinge het hulle die onderskeie pryse oorhandig.

“Eerstens was ek nie seker of ek reg gehoor het toe my naam uitgeroep is nie.

“Dit was ’n stresvolle oomblik gewees – ek het vergeet om die raam vas te hou soos wat ons moet en ek het nie eens gestaan vir ’n foto nie,” glimal sy.

Tydens verlede jaar se eindeksamen, is sy as die land se Alfa Wiskunde boffin aangekondig.

LEES MEER: Class of 2020 receive their matric results

“Ek het baie hard vir hierdie gesogte toekenning gewerk.

“My harde werk het vrugte afgewerp.”

Sy het die uitdagings oorkom met toegewyde en passievolle onderwysers.

“Waterkloof se onderwysers het my positief en gemotiveerd gehou.”

Die onlangse afsterwe van een van Kloof se personeellede, Carin de Beer, was haar grootste bron van inspirasie.

Haar passie vir die vak, het Karla laat besluit om BSc Biochemiese Wetenskap by die Universiteit van Noordwes te gaan studeer.

“Ek moet vir haar spesiaal dankie sê.

“Sy het soveel ekstra moeite ingesit, sy het my gehelp en gemotiveer en sy was beslis die beste onderwyser waarvoor enige leerder kon vra,” sê sy.

“Ek is nog nie heeltemal seker oor wat die toekoms vir my inhou nie, maar ek sal graag ’n lektor by ’n universiteit wil wees, veral in die Biochemie-rigting.”

Sy het netbal en atletiek op skool beoefen.

Naaldwerk is ook een van haar stokperdjies.

“Ek is ’n regte boekwurm. Die laaste boek wat ek gelees het, was Guardians of the Galaxy.

“Ek het my eie matriek-afskeidrok, met die hulp van my ma, self aanmekaar gesit.”

Sy stem volkome saam met die woorde van Albert Einstein, ‘In die middle of difficulty, lies opportunity’.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button