FAK beloof om Paul Kruger standbeeld te bewaar
Sover bekend is dit die heel eerste keer dat 3D-skanderingstegnologie op hierdie skaal ingespan sal word om die kolossale standbeelde van oud-president Paul Kruger en die vier brandwagte by sy voete van kop tot toon te skandeer.
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gaan met behulp van tegnologie die Krugerbeeldegroep op Kerkplein in Pretoria as kultuur-erfernisskat vir die toekoms bewaar.
Dit is ’n nuwe projek wat deur die Krugerfonds verseker word.
Sover bekend is dit die heel eerste keer dat 3D-skanderingstegnologie op hierdie skaal ingespan sal word om die kolossale standbeelde van oud-president Paul Kruger en die vier brandwagte by sy voete van kop tot toon te skandeer.
Anton van Wouw, die bekende pionier-beeldhouer van Suid-Afrika, het kort voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog die opdrag gekry om dié beeldegroep te maak.
Ten einde Van Wouw se kultuurhistoriese erfenis as beeldhouer te huldig en die bedreigde beelde op Kerkplein vir die nageslag te bewaar, het die FAK besluit om met moderne 21-eeuse tegnologie 3D-afdrukke van al vyf die volskaalbeelde van die Krugermonument op Kerkplein, sowel as die vier bronspanele te skandeer.
Sammy Marks, ’n bekende finansier van daardie tyd, het ’n groot bedrag, gelyk aan sowat R20 000, geskenk vir die oprigting van ’n beeld van sy ou vriend president Paul Kruger op Kerkplein in Pretoria.
Die beeld van Kruger sou tweemaal lewensgrootte wees en benewens ’n paar panele wat episodes uit sy veelbewoë lewe weergee, sou daar ook vier boerewagte om die standbeeld sit om die president te bewaak.
Van Wouw, wat ’n groot bewonderaar van Paul Kruger en die boere was, het die standbeeld met hart en siel aangepak en meesterlik voltooi.
Die Kruger-beeldegroep, bestaande uit die standbeeld van Kruger van 4.04m hoog en vier sittende hoekfiguurbeelde van brandwagte, waaronder twee uit die Voortrekkertydperk en twee uit die tydperk van die Eerste Vryheidsoorlog van 1880-81.
Die standbeeldegroep en die vier bronspanele op die voetstuk wat hoogtepunte uit Kruger se lewe uitbeeld, is op 10 Oktober 1954 deur Dr. DF Malan, destydse eerste minister, onthul.
Dit is vanjaar die 140e herdenking van die Eerste Vryheidsoorlog.
Die Eerste Vryheidsoorlog of Eerste Boereoorlog was ’n konflik tussen die Verenigde Koninkryk en die boere van Transvaal, (die Zuid-Afrikaansche Republiek) van 20 Desember 1880 tot 23 Maart 1881.
Die oorlog het begin nadat Sir Theophilus Shepstone die Transvaal op 12 April 1877 geannekseer het.
Die boere het geprotesteer en die oorlog het daarna uitgebreek.
Paul Kruger is op 16 April 1883 vir die eerste keer as president van die ZAR verkies. Hy het hiermee ook die eerste president van die herstelde ZAR geword nadat dit deur die Britte geannekseer is en die Transvalers ’n onafhanklikheidsoorlog oftewel Vryheidsoorlog van stapel gestuur het in 1880.
Daar word tans wêreldwyd 3D-afgietsels van beroemde kunswerke gemaak. Die voordeel daarvan is dat sulke kunswerke aan ’n baie groter publiek bekendgestel word.
Hierdie indrukwekkende beeldegroep is vandag steeds een van die bekendste Afrikanerbakens in Suid-Afrika. Dit het egter die laaste paar jaar telkens onder vandale deurgeloop en besoekersgetalle het drasties gedaal.
Prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, sê: “Kerkplein is onherroeplik aan demografiese kragte oorgegee wat dit – uit ’n Afrikaner-oogpunt – ’n vreemde oorblyfsel uit ’n vergange tydperk gemaak het. Afrikaners wat nog Kerkplein besoek, het drasties gekrimp.
“Die FAK wil dus met hierdie 3D-afgietsels van die Krugerbeeldegroep nie net hierdie besonderse beeldhouwerk bewaar nie, maar oud-president Paul Kruger deur middel van dié kultuurorganisasie se nuwe Krugerfonds meer toeganklik vir ’n nuwe generasie kinders maak,” sluit Goosen af.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
