Local newsNews

Soetdoring-kommando skenk tweede handse skryfbehoeftes aan kinders

"Daar is soveel huise wat finansieel deur die virus geraak het, dat ons nie anders kon as om in te gryp nie.

Die jaar 2020 was ’n finansieel uitdagende jaar vir talle gesinne in Pretoria. Tydens die Covid-19 pandemie en die daaropvolgende inperking, het die Soetdoring-kommando wat deel vorm van die Voortrekkers in Pretoria besluit om behoeftige kinders ’n hupstoot te gee in 2021.

“Die pen is magtiger as die swaard in Soetdoring-kommando se gemeenskap,” het Kallien Erwee aan Rekord gesê.

“Daar is soveel huise wat finansieel deur die virus geraak was, dat ons nie anders kon as om in te gryp nie.

“Die kommando het rooigetooide bokse by Laerskool Lynnwood neergesit en ou skryfbehoeftes ingesamel. Die insameling het vyf groot bokse vol skryfbehoeftes gelewer en kon al heelwat skoolmaaitjies help om gereed te wees vir 2021 se skooljaar,” sê sy.

Die kommando het ook voorsiening gemaak vir donasies wat ingesamel is by die gemeenskap se skryfbehoefteshandelaar.

“Met die fondse het ons nog ’n klomp maaitjies toegerus om 2021 suksesvol te kan aanpak.”

Op Donderdag, 25 Februarie het die groep van Soetdoring-kommando, saam met Laerskool Lynnwood se skoolhoof, Steve Stolk, die ingesamelde skryfbehoeftes aan Anita Pillay, die skoolhoof van La Montagne primary school, oorhandig.

“Die res van die bokse vol magtige penne en ander skryfbehoeftes word aan skole geskenk waar die nood nog groter is. Dankie aan elke maatjie en gesin wat hierdie projek ’n groot suskes gemaak het,” sluit Erwee af.

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn.

Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie.

‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button