Afrikaanse akteur terug in hospitaal met Covid-19
Familie sê Lieb Bester se niere funksioneer slegs 26%.
Bekende Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester (72) is weer terug in die hospitaal na hy Covid-19 sowat ’n maand gelede opgedoen het.
Vroeër die week het aanhangers verneem dat dit beter gaan met Bester nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.
’n Boodskap van sy familie het egter bevestig dat Bester weer opgeneem is in die hospitaal en dat sy toestand kritiek is.
“Lieb terug in hospitaal, sy niere funksioneer net 26% as gevolg van Covid,” lees die boodskap wat aan Rekord gestuur is.
“Hy is nou op masjiene in die hospitaal.”
Bester se broer André en sy vrou Annatjie het ook vroeër positief getoets vir Covid-19. Hulle kon teen druktyd nog nie bereik word vir kommentaar nie.
Teen druktyd is geen nuwe inligting oor Bester se toestand bekend gemaak nie.
Bester is veral bekend vir sy rol as Fritz Retief in kykNET se sepie, Villa Rosa. Hy is ook bekend vir sy rol as senior superintendent George Lindeque in die TV-riller, Arsenaal, wat oorspronklik op SAUK2 uitgesaai is.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende Covid-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ’n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ’n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
