Aanlyn gedenkdiens vir Lieb Bester
Die gedenkdiens sal op aanlyn platforms uitgesaai word. Volg die skakel hier.

’n Gedenkdiens vir bekende Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester word Woensdag om 13:00 aalyn uitgesaai.
Bester se broer en pastoor André Bester het skakels na die roudiens op sosiale media gedeel.
Bester is verlede week op die ouderdom van 72 oorlede na ’n stryd teen Covid-19.
In sy loopbaan as akteur word hy onthou vir die vertolking van verskeie hoofrolle in films, sowel as TV-dramas.
Bester het ook gehou van musiek maak en dikwels opgetree by sy broer se gemeente.
Volg die YouTube skakel vir die gedenkdiens om 13:00: https://www.facebook.com/554507733/posts/10158617326107734/?sfnsn=scwspwa
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn.
Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
