Local newsNews

SAVLU vier 90 jaar en skenk komberse aan gemeenskappe

Vroue Landbou-unies plaaslik en regoor SA het 90 komberse gemaak vir hul gemeenskappe om hul 90e bestaansjaar te vier.

Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU) bestaan vanjaar reeds nege dekades. Om dít te vier het hulle vir ’n gemeenskapsprojek 90 komberse in elke streek gemaak.

Foto: Facebook (VLU)

Jakaranda-streekvoorsitter Lida van Niekerk sê VLU-takke in Pretoria en regoor SA het híéraan deelgeneem.

Foto: Facebook (VLU)
Foto: Facebook (VLU)

“Met die viering van SAVLU se 90e bestaansjaar, het ons president Tharina Rossel met die voorstel gekom dat elke streek 90 kombersies hekel, brei of stik en dan skenk aan ’n verdienstelike organisasie,” sê Van Niekerk.

“Ons wil graag dankie sê vir al die gemeenskappe wat ons deur die jare ondersteun het. Die lede was so entoesiasties dat daar nou al honderde kombersies gemaak is – in so ’n mate dat dit te veel is om uit te stal.”

Van Niekerk sê foto’s van die oorhandiging van komberse word geneem en dié foto’s word dan uitgestal tydens die SAVLU-kongres op 28 en 29 Oktober te St George’s Hotel.

LEES MEER: FAK en Laerskool Pierneef bring hulde aan die skilder, Pierneef

Van Niekerk sê die VLU het ’n ryk geskienis en het so ’n bietjie daarvan met Rekord gedeel:

Op 17 Junie 1931 het verteenwoordigers van vier provinsiale landbouverenigings in Bloemfontein onder voorsitterskap van Burgemeester EW Hunt, president van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie vergader.

Na besprekings het vier organisasies TWAU, FWI, OFS, VLU en die CPWAA besluit om ’n nasionale Vroue Landbou-unie te vorm en sodoende ontstaan SAVLU by ’n kongres in Oktober 1931.

Foto: Facebook (VLU)
Foto: Facebook (VLU)

Hunt se geïnspireerde idee om landgenote te organiseer en hulle in ’n nasionale liggaam te verenig vir die verbetering van landelike lewe en die bevordering van kultuur was ’n groot behoefte.

Op 28 Oktober 1931 is die eerste uitvoerende vergadering by die Vroue-klub in Pretoria gehou en die voorsitter was mev. E O’Conner.

Vir 16 jaar het sy die organisasie gelei met ywer en volharding. Later jare ontstaan nuwe organisasies uit die VLU nl. Noord, Noordwes, Mpumalanga en Overvaal.

Sedert Oktober 1931, en ten spyte van die veranderinge in die land, het die SAVLU daarin geslaag om aan te pas volgens die behoeftes van sy lede en ook om vroue oor kulturele grense te koppel en opleiding te gee vir die ontwikkeling van ons mense en ons land.

Die doelstelling van die Vroue Landbou-unie is om voorsiening te maak van die opvoeding van die volwasse vrou en gee onderrig en opleiding in alle vertakkings van die landbou, tuisteskepping, naaldwerk, kuns, kunsvlyt en kultuur, opvoeding, openbare sake, gesondheid en welwillendheid sodat die lede ’n bydrae kan lewer tot en die daadwerklike aandeel kan hê in die ontwikkeling van ons land.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button