Local newsNews

Só lyk vanjaar se Mnr. en Mej. Hoërskool Oos-Moot

"Hoewel ons styf duim vasgehou het, het ons nie deelgeneem om as wenners aangekondig te word nie."

Carlo Jansen van Rensburg (17) en Nicole Shepherd (17) is as Mnr. en Mej. Hoërskool Oos-Moot gekroon.

Nie net is die twee as die algehele skoonhede gekroon nie, maar hulle is ook as Mnr. en Mej. Fotogenies aangewys.

Nicole het nóg ’n toekenning ingepalm as Mej. Deurlopend.

Beoordeelaars was voormalige Oosies, Carien Botha, Francois Botha, Luan Jacobs, Chané Oosthuizen, Gerjo Oosthuizen en Jenny van Dyk en radio- en televisiepersoonlikheid, Janina Oberholzer, was die seremoniemeester.

Mnr. en mej. Persoonlikheid: Christian Uys en Alanna Swanevelder. Foto: Jana Dreyer van Pause Photography

“Ons was uit die veld geslaan toe ons name uitgeroep word.

“Hoewel ons styf duim vasgehou het, het ons nie deelgeneem om as wenners aangekondig te word nie,” sê Nicole.

Die top-24 is reeds in Mei vroeër vanjaar aangekondig. Nicole en Carlo het toe besluit om as ’n paartjie op te tree.

“Dit was vet pret,” vertel sy.

Elke paartjie moes een item saam opvoer.

“Ons het name uit ’n hoed getrek en ons tema was toe Tarzan.

Lees ook: Personeellid van Oos-Moot stap met gesogte toekenning weg

“Tarzan en Jane het op ’n baie snaakse manier ontmoet en ons het ’n dialoog opgevoer oor hoe die twee bymekaar uitgekom het.

“Ons het vrek lank aan die item geoefen, maar dit was alles die moeite werd gewees.”

Nicole neem al sedert sy ’n klein dogtertjie is dansklasse.

Eerste prins en prinses: Regardt Jordaan en Clarise Venter. Foto: Jana Dreyer van Pause Photography

“Ek het ’n groot liefde vir die sport en beoefen al Hip-Hop vandat ek nege jaar oud is.”

Carlo neem aan verskeie sportsoorte deel en speel ook vir sy skool se eerste rugbyspan.

“Wees net jouself. Ons is nie op aarde geplaas om ander te beïndruk nie, maar jy is in die beeld van God geskape.

“Ek het glad nie gedink ek staan ’n kans om ’n rits pryse in te palm nie.

“Ek was so bang ek slaan my naam met ’n plank, maar ek het dit vreeslik geniet en ek en Carlo was net ons borrelende en sprankelende self gewees,” sê Nicole.

Só lyk die onderskeie wenners:
Topdrie:
– Mnr. en Mej. Oos-Moot: Carlo Jansen van Rensburg en Nicole Shepherd
– Eerste prins en prinses: Regardt Jordaan en Clarise Venter
– Tweede prins en prinses: LJ Olivier en Alanna Swanevelder.

Mnr. en mej deurlopend – LJ Olivier en Niclole Shepherd. Foto: Jana Dreyer van Pause Photography

Kategoriewenners:
– Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Christian Uys en Alanna Swanevelder (bepaal deur die finaliste se stemme)
– Mnr. en Mej Fotogenies: Carlo Jansen van Rensburg en Nicole Shepherd (bepaal deur die fotograaf en finaliste)
– Mnr. en Mej Deurlopend: LJ Olivier en Nicole Shepherd (vooraf deur die choreograaf bepaal).

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button