Local newsNews

80-jarige durf uitmergelende roete van Pretoria na KwaZulu-Natal aan

Jakkie van der Colff (80) het oornag meer as 450km vanaf die hoofstad na die historiese erfenisterrein in KwaZulu-Natal met 'n fiets aangedurf.

Moet nie vir ’n oomblik dink dat ouderdom, reën of die uitmergelende bulte ’n 80-jarige gestuit het om die pad tussen Pretoria en Bloedrivier in KwaZulu-Natal op die saal aan te durf nie.

Jakkie van der Colff (80) het oornag meer as 450km vanaf die hoofstad na dié historiese erfenisterrein in KwaZulu-Natal met ’n fiets afgelê.

Jakkie van der Colff (80).

Van der Colff en vier ander vriende en familie het dié rit in 25 ure voltooi.

Hy en seun Jaco, kleinseun Tihan (15), vriend Pieter Janse van Rensburg en ’n bekende in fietsrykringe Teresa Coetzee het Woensdagoggend, 15 Desember by die Voortrekker Monument weggespring.

“My spiere en lyf is maar seer.

Jakkie van der Colff (80).

“Ek is effens emosioneel. Die ouens wat saamgery het, het dit baie geniet,” het hy vertel kort nadat hulle in KwaZulu-Natal aangekom het.

Hulle is met groot entoesiasme deur ’n groep Voortrekkers wat die heel eerste Geloftekamp by die monument bywoon het, afgesien.

Die doel van hierdie fietsryrit was nie bloot net vir plesier of oefening nie.

‘n Klomp fietsryers het die pad vanaf Pretoria na KwaZulu-Natal aangedurf.

Van der Colff wou die soeklig plaas op die Erfenisstigting en meer spesifiek om die Bloedrivier-erfenisterrein wyer bekend te stel.

Terselfdertyd was dit om fondse te werf vir albei Afrikaner-kultuurorganisasies.

“Oor die afgelope tyd is meeste van ons onder groot finansiele druk gewees, en daarom poog ons om te help waar ons kan om bietjie verligting te bring,” sê Van der Colff.

Dit is vanjaar die 50e herdenking van die walaer wat op die Bloedrivier-erfenisterrein opgerig is, wat die Slag van Bloedrivier van 1838 herdenk.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button