Local newsNews

Solidariteit begin Denel-bates opveil om R90m se skuld te vereffen

“Dit is onaanvaarbaar dat gewone werkers hul lewensbestaan moet inboet bloot weens die besluiteloosheid en nalatigheid van die maatskappy se aandeelhouer, die staat.”

Die Suid-Afrikaanse vakbond, Solidariteit, het op Vrydag, 15 Julie voortgegaan met die eerste van vele opveilings van Denel se bates.

Denel is ’n lugvaart- en militêre tegnologie-konglomeraat in staatsbesit wat in 1992 gestig is.

Hierdie aksie volg nadat Solidariteit vroeër vanjaar beslag gelê het op dié bates weens Denel se versuim om ingevolge ’n hofbevel sowat R90-miljoen se skuld aan Solidariteit-lede oor te betaal.

Solidariteit het verder bygevoeg die beslaglegging en opveiling van bates nou die enigste opsie is nadat Denel verskeie ooreenkomste tussen die partye verbreek het.

“Hierdie veiling dek slegs ’n baie klein gedeelte van ons eis, maar dit is bloot die eerste fase.

“Ons het ook reeds op Denel Korporatief se bankrekening beslag gelê en verdere veilings sal volg totdat ons op die ou einde die volle bedrag ingewin het,” sê Helgard Cronjé, adjunkhoofsekretaris vir die openbare sektor by Solidariteit.

Volgens Solidariteit moes sommige van die werknemers by Denel vir meer as twee jaar met slegs gedeeltelike of soms geen salaris-uitbetalings klaarkom.

In 2019 was Denel geforseer om kostes te sny in ’n poging om finansiele stabiliteit terug te bring.

Hul inkomste het met 38% geval.

Denel het ook ’n verlies van R1.749-billion in 2019 gely.

Lae produksie, onderverhaling van arbeid, hoë rente-uitgawes en voortgesette likwiditeits-uitdagings het baie van die finansiële probleme veroorsaak.

’n Gereelde reddingsboei van die regering was nodig.

“Denel het reeds hopeloos te veel by ons lede weggeneem.

“Dit is onaanvaarbaar dat gewone werkers hul lewensbestaan moet inboet bloot weens die besluiteloosheid en nalatigheid van die maatskappy se aandeelhouer, die staat.

“Dit is kan nie geduld word nie en moet teëgestaan word.

“Die boodskap is nou duidelik: As Denel nie wil betaal nie, dan sal ons deur die beslaglegging en opveiling van sy bates kry wat ons lede toekom,” sluit hy af.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button