Local newsNews

Weet jy wie was De Villebois-Mareuil?

Ry gerus in Moreletapark, dan ry jy die straat raak.

Pretorianers se tonge knoop al jare lank om die dubbeldoor Franse van.

Hierdie Fransman se van gee ons hoofbrekens – om dit te onthou is een ding, maar die spelling!

Wie was hy? En hoekom is ’n straat in Pretoria na hom vernoem?

George de Villebois-Mareuil het sy stempel hier afgedruk tydens die Anglo-Boereoorlog.

Hy was die eerste van net twee buitelanders wat aan die kant van die boere geveg het, wat die rang van Generaal-majoor gehad het. Hy was dan ook die aanvoerder van die Franse legioen nadat hy in 1899 via Lourenco Marques in Pretoria aangekom het en in die Zuid-Afrikaanse Republiek kom veg het.

Die advonturier was ’n leerling by die Militere akademie en teen ouderdom 45 was hy die jongste kolonel in die Franse weermag.

Maar in 1896 het hy die weermag verlaat en was hy een van die stigterslede van die Action Francaise, wat hul vir die nasionale herstel van Frankryk beywer het. Toe hy van die oorlog in Suid-Afrika hoor, het hy besluit om hier te kom veg.

In die Boereoorlog het hy ’n kans gesien om sy ervaring teen die Britte te kan aanwend. Volgens bronne het hy gesê dat die Britte se haat vir die boere juis fel is omdat daar Franse bloed in die boere se are bruis.

Sy eerste smakie van die Boere-oorlog was by die slag van Colenso.

Die oorlog was nie lank vir hom nie – op 6 April 1900 sterf hy in ’n veldslag by Boshof wat drie ure lank geduur het – en het hy geweier om oor te gee.

Met net 30 man by hom het hy in die uur voor sy dood nog drie Britse soldate met ’n handpistool gefel, en toe hy opgestaan het om sy manne aan te spoor, is hy in die rug geskiet.

Mens kan seker bespiegel dat hy ’n vurige Fransman was. Dat hy onverskokke was is ’n feit.

Dink bietjie aan die man met die van wanneer jy weer in die straat ry. Hy het iets van homself vir ons stad gegee.

LEES OOK: AfriForum Moot-tak deel Kersfees-boodskap

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button