AdvertorialNewsSchools

Hoërskool Centurion

Hoërskool Centurion het ‘n unieke familiekarakter, waar elke leerder spesiaal is. Leerders word by ons skool aanvaar vir wie hulle is, sonder enige voorbehoud.

  • 100%-slaagsyfer
  • 90% van Woerie-matrieks slaag met universiteitstoelating.
  • 163 matrieks behaal 210 onderskeidings.
  • Dus: 1.5 onderskeidings per matrikulant.
  • Van die 26 vakke wat ons aanbied, het 23 vakke ‘n 100%-slaagsyfer.
  • Fisiese Wetenskappe en Tegniese Wetenskappe het ‘n 100%-slaagsyfer.
  • Engels EAT, Lewensoriëntering, Dramatiese Kunste, Toerisme en Musiek se vakgemiddeldes is bokant 70%.

Hoërskool Centurion het ‘n unieke familiekarakter, waar elke leerder spesiaal is. Leerders word by ons skool aanvaar vir wie hulle is, sonder enige voorbehoud.

Hoërskool Centurion is klein genoeg om om te gee en groot genoeg om saak te maak.  Ons bewys steeds dat ons op vele terreine uitblink en met ‘n trotse Woerie-karakter kompeteer – dit getuig van uithouvermoë en veerkragtigheid. Ons personeel berei die leerders vir ‘n veranderende wêreld voor sodat hulle in uitdagende tye suksesvol bo alles sal uitstyg.

Derick Maree –  9 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

My ouers.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan aktuarieel by Tukkies studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Ek gaan die gees, vriende en onderwysers mis.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Alhoewel al my onderwysers toegewyd was, het me. M de Bruin in besonders altyd die ekstra myl geloop om Engels interessant te maak.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Maak seker om die werk behoorlik onder die knie te hê voordat jy ou vraestelle aanpak.

Moenie jou geestesgesondheid afskeep nie, anders brand jy uit.

Hanri Pretorius – 9 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

Ek het ‘n mengsel van rolmodelle, want niemand is perfek nie. Ek kyk baie op na my familie. Elkeen het iets waaruit ek kan leer, in besonder my tannies, ouma, ouers en sussie.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek begin hierdie jaar rekenaaringenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer. Die res sal ek uitvind wanneer ek daar kom!

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Ek sal beslis die onderwysers se ondersteuning, asook my vriende wat alles saam met my aangedurf het, die meeste mis. Ek dink nie universiteit is so rustig en ondersteunend nie…

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Sjoe, hoe kies ‘n mens net een. Eerstens me. W. Lourens. Sy het jou altyd met enigiets en alles gehelp. Vakansies, naweke – sy is basies ‘n tolvrye 24/7-hulplyn. Sy werk tot ‘n ding afgehandel is!

Tweedens me. I. Jacobs. Die juffrou wat altyd simpatie het en is jou grootste cheerleader! As sy met jou klaar is, voel jy sommer ligter.

Derdens me. M. Kruger. Sy het altyd ‘n oor vir almal se stories, klagtes en enige nonsens. Ons het al baie saam gelag oor alles wat ek in Duits kwytraak…

Me. A. Nel het ook ‘n spesiale plek in my hart. Sy gee beslis die meeste om oor haar leerders se sukses!

In ‘n neutedop is dit die onderwysers waarmee ek die meeste tyd spandeer het, maar my matriekonderwysers was topklas!

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Jonger leerders moet vroeg besef dat konstante harde werk jou verder sal bring as ‘n laaste minuut poging. Hou moed en die belangrikste van alles, bly kalm en gebruik jou hulpbronne!

H’Armand du Plessis – 9 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

My pa.

Wat is jou plan vir die toekoms?

‘n Meestersgraad in ingenieurswese en om my eie besigheid te begin.

Wat gaan jy die meeste mis van Hoërskool Centurion?

Die onderwysers.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Beide mnr. Prinsloo en me. A. Nel

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Moenie leerwerk memoriseer nie, verstaan dit eerder.

Inge Keyser – 7 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

My ma. Sy gee so baie om en staan altyd haar dogters by.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan BSc Rekenaarwetenskap studeer, daarna ‘n honneurs en ‘n meestersgraad.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die groot hoeveelheid ondersteuning wat al die personeel vir jou gee.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. I. Jacobs. Sy het my so baie ondersteun en net die ekstra myl geloop.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Begin vroeg. Stel ‘n rooster op en volg dit. Kry mense wat jou ondersteun

Mieke Coetzer – 6 onderskeidings       

Wie is jou rolmodel?

Ek het al verskeie rolmodelle oor die jare gehad. Van onderwysers wat ons help tot spanmaats op die bane, maar daar is altyd twee konstantes. My ouers. Hulle het my al baie goed in my lewe geleer en daarvoor kan ek net dankie sê. Hulle gee nie op nie en daarom weet ek dat hulle die sterkste mense daar buite is.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek beplan om ‘n graad, hopelik in meganiese ingenieurswese, in Australië te verwerf. Ek sal graag deur die wêreld wil toer en so nuwe mense ontmoet en hulle stories hoor.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Ek gaan beslis al die mense by Hoërskool Centurion die meeste mis. Almal in Hoërskool Centurion laat jou tuis voel. Hulle is ‘n groot deel in my lewensboek en ek hoop om al die herinneringe nooit te vergeet nie. Hoërskool Centurion het ‘n geneigdheid om baie geleenthede te skep waar jy nuwe mense onthou of waar jy tyd saam met ou vriende kan spandeer.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Mnr. J. de Bruyn het die grootste impak op my skoolloopbaan gemaak. Meneer het altyd in my geglo, al het ek hoe klein gevoel. Meneer het my gehelp sien, nie net dat ek ‘n plekkie onder die son het nie, maar ook dat ek die potensiaal het om al my drome te bereik.

Meneer het in graad 11 altyd vir my gesê dat ek die konsepte eendag sal verstaan en dat ek Newton kan baasraak as ek net weer probeer. Meneer het nooit gekla oor my honderd vrae na ‘n klas nie. Meneer het veroorsaak dat ek in myself begin glo het.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

In die eksamentyd wil ek ‘n studierooster uitwerk en in beheer oor die eksamen voel. Jy moenie ‘n rooster opstel wat onmoontlik is vir jou om te volg nie. Ek kan glad nie opsom tydens die eksamentyd nie, dus moet al my opsommings voor die tyd maak. Die meeste voorbereiding moet ‘n mens voor ‘n eksamen doen omdat daar nooit tyd is in die eksamen nie. Huiswerk doen tel as voorbereiding vir ‘n eksamen, al voel dit asof daar nooit regtig tyd is daarvoor nie. So, jy moet uitwerk wat jy moet doen voor ‘n eksamen.

Christine Kriel – 6 onderskeidings       

Wie is jou rolmodel?

Nelson Mandela, want hy het ‘n verskil in die wêreld gemaak.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan BCom Ondernemingsbestuur  by Tuks studeer en daarna heel moontlik Bedryfsielkunde nagraads.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die aantreebladopeninge elke oggend waar die bemarkingspan die hele skool vermaak en almal lus maak om die geleenthede vir deelname in die skool aan te gryp!

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. L. Nortjé, want sy vat jou soos jy is, werk met jou potensiaal en help jou om te groei terwyl sy elke oomblik saam met jou in die klas kan geniet.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Leer ‘n dag of drie voor die tyd en moenie stres nie.

Juan Oosthuizen 6 onderskeidings     

Wie is jou rolmodel?

My pa.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Om Data Science by die Belgium Campus te studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

My vriende.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

My Wiskunde-onderwyser, vir al die motivering.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Beplan jou tyd goed sodat jy genoeg tyd het om te rus en om baie ou vraestelle uit te werk om voor te berei.

Sanri Kühn – 6 onderskeidings   

Wie is jou rolmodel?

My pa , want hy het my die selfvertroue en motivering geleer waarmee ek die lewe aanpak.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Om Biokinetika by Potchefstroom te gaan studeer en om op ‘n plaas met ‘n boer te gaan bly.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

My hokkiespan.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Meneer Ernst, hy was ‘n motiverende spreker en onderwyser in een.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Kry iets wat jou motiveer om te leer en jou beste te doen.

Janika Wait – 6 Onderskeidings  

Wie is jou rolmodel?

My rolmodel is my oupa. Ten spyte van al sy swaarkry, het hy so hard gewerk en seker gemaak dat elkeen van ons (kinders en kleinkinders) die beste van hom kry: liefde, tyd, omgee en (veral ek) sy passie vir sport.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek beplan om BIng Chemiese Ingenieurswese te gaan studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die familiegevoel. Hoe elkeen raakgesien word en hoe elkeen hulle eie ‘n spesiale plekkie in die skool het.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

My Lewenswetenskappe-onderwyseres (me. N. van Wyk). Sy het nog al die jare my gemotiveer, gedryf, geïnspireer en my gehelp om die beste “ek” te wees. Haar liefde en passie het my gewys nie net hoe groot die impak van ‘n juffrou op ‘n student kan  wees nie, maar die impak wat enige mens op ‘n ander kan hê.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Ek glo elke leerder kan die volgende advies self ter harte neem: elkeen moet besef dat hulle tot soveel meer instaat is as wat hulle dink. Hulle moet weet dat hul harde werk meer as die uitkoms beteken. Hoe elkeen se “wedren” gehardloop word, is eintlik die heel belangrikste. Elkeen weet wat hul vermoë is en moet daarna strewe.

Simoné Lewis – 5 onderskeidings        

Wie is jou rolmodel?

My ma.

Wat is jou plan vir die toekoms?

‘n Internskap om te bepaal wat ek wil gaan studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

My vriende en vriendelike onderwysers.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. L. Nortjé, want sy sal altyd daar wees vir jou of dit nou skoolverband is of nie.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Stel ‘n studierooster vooraf op.

Lize-Mari Kleynhans – 5 onderskeidings      

Wie is jou rolmodel?

My ouers.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan LLB studeer en wil ‘n advokaat word.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die omgee-onderwysers wat net die beste vir ‘n mens wil hê.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Meneer D. Barnard, omdat hy altyd positief was, maar realistiese verwagtinge vir ons geskep het. Hy praat altyd met ‘n mens oor hoe belangrik jou toekoms is en gee vir elke leerder om.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Som vroeg op, luister in die klas en woon ekstra klasse in matriek by omdat dit ‘n mens help, al wil jy nie altyd gaan nie – druk net deur!

Thorenza Balie             4 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

My ma, moeder Balie.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek wil graag ‘n verpleegster word.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

My vriende.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. N. van Wyk, want sy het my altyd gedruk om beter te doen en het my altyd gemotiveer

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Moenie moed opgee nie. Jy kan dit doen! Slaap genoeg en leer lank voor die tyd.

Trisha Bruwer – 4 onderskeidings        

Wie is jou rolmodel?

My boeta, Eswé Bruwer, hy is nog altyd my rots wat my deur dik en dun ondersteun.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan regte aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Ek gaan my vriende en medeleerders die meeste mis, hulle het skool soos ‘n partytjie laat voel.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. S. Barnard, sy het my passie vir leer teruggebring.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Begin vroeg en vat ‘n bietjie op ‘n slag – dit verminder die hoeveelheid werk en stres. Hersiening, hersiening, hersiening…

Elmé Jansen – 4 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

Sonder twyfel my ouers.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan kliniese sielkunde by Tuks studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die snoepie.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. M. de Bruin, sy het altyd op ‘n slegte dag ‘n oor gehad om te luister en ‘n skouer om op te huil.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Repetisie, en verduidelik die werk aan jou hond, hulle luister baie en se min. As jy dit verduidelik vind jou brein dit makliker om te snap.

Nekiesha Kruger – 4 onderskeidings  

Wie is jou rolmodel?

Rachelle Smith, my aanstaande skoonsussie, sy is ‘n oud-Woerie.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan onderwys studeer, want ek het gesien watter positiewe impak goeie onderwysers op leerders en hul punte kan hê. My missie is om ‘n verskil in leerders se lewens te maak en hulle te motiveer om die beste te wees wat hulle kan.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die goeie gees en al die aktiwiteite waaraan ons kon deelneem. Die bereidwilligheid van onderwysers om die ekstra tree te gee om ons op alle vlakke by te staan.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Dit is onmoontlik om net een uit te sonder. Hierdie onderwysers het my op alle vlakke gemotiveer om beter te presteer. Me. M. de Bruin, me. S. Barnard, me. L. Burger, me. R. Heyns.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Glo in jouself en doen die beste wat jy kan. Onthou elke tree vorentoe, is ‘n tree nader aan ‘n blink toekoms.

Dylan Marais – 4 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

Arnold Schwarzenegger. Sy uithouvermoë het my baie gemotiveer om aan te hou leer wanneer ek nie lus was daarvoor nie.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek vat ‘n wegbreekjaar in 2023, maar ek wil graag in die konstruksiebedryf werk. Ek kyk veral na projekbestuur of na ‘n bourekenaar.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Hoërskool Centurion is ‘n kleiner skool teenoor die ander hoërskole in ons omgewing, daarom ken al die mense in die graad mekaar wat gelei het dat ons graad baie na as ‘n groep was. Ek gaan vir seker my mede-Woeries die meeste mis.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Meneer J. de Bruyn. Toe ek my eerste onderskeiding vir Fisiese Wetenskappe gekry het, het Meneer met my gepraat en vir my gesê dat hy nog altyd geweet het ek kan dit doen, selfs al het ek ‘n jaar terug amper sy vak gepluk.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Maak gebruik van die tegnologie wat ons beskikbaar het. Daar is baie video’s aanlyn wat as ekstra klasse op jou eie kan dien en vraestelle sowel as opsommings wat ‘n mens baie tyd kan spaar.

Lydia Noppe – 4 onderskeidings 

Wie is jou rolmodel?

Sadie Robertson.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Gaan BCom Rek. by Potchefstroom studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die mense.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. S. van den Berg.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Werk ou vraestelle uit! En doen wat vir jou werk.

Danielle Garland – 4 onderskeidings   

Wie is jou rolmodel?

Zaha Hadid wat ‘n rewolusionêre argitek was en ek wil graag eendag haar voetspore volg.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek wil graag eendag ‘n argitek word en oorsee werk om deur die wêreld te kan reis.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Enige geesvangaktiwiteit en alle sosiale geleenthede waar ek herinnerimge saam met my vriende kon maak.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Mnr. J. de Bruyn – hy het my geïnspireer om nooit op te gee nie en om deur te druk in moeilike tye as ek gesukkel het om kop bo water te hou.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Moenie moed verloor nie en die oomblik as dit gebeur, bid dadelik en bly positief. Onthou, boud op die stoel!

Nathan Kearney – 4 onderskeidings    

Wie is jou rolmodel?

Jesus Christus.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan Sagteware-ontwikkeling studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die onderwysers.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Mnr. D. Barnard. Hierdie meneer is ‘n baie wyse man. Ek het die meeste lewenslesse deur my hoërskoolloopbaan by hom geleer.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Begin lank genoeg voor ‘n toets of eksamen leer om te verseker dat jy ten minste twee keer deur AL die werk gaan.

Marelize Viljoen – 4 onderskeidings

Wie is jou rolmodel?

My rolmodel is Dolly Parton.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan drama en sielkunde studeer om in die rigting van dramaterapie te gaan.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

My sport, my vriende en vriendelike onderwysers.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. L. Nortjé omrede sy ‘n ware mamma by die skool was. Sy is altyd daar om ‘n grappie te deel en ‘n skouer om op te huil. Sy sal jou altyd aanmoedig en in jou glo, selfs al sukkel jy om in jouself te glo.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

My studiemetode was ‘n goeie balans van leer en oefening.  Begin vroeg genoeg leer.

Charlize Pieterse – 4 onderskeidings   

Wie is jou rolmodel?

Die Here.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Studeer, werk en suksesvol wees na die beste van my vermoë, in alles wat ek doen.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

My naaste vriendinne wat skool die moeite werd gemaak het!

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Ek het ‘n paar wat ek so baie waardeer – me. M. de Bruin , me. R. Heyns , me. S. Barnard en me. N. van Wyk. Hulle het my altyd ondersteun en gehelp met alles wat ek ooit benodig het!

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Haal asem, dit voel dalk nou baie erg, maar dit gaan verby! Dis nie die einde van die wêreld om sleg te doen in ‘n toets nie, jy gaan dit maak. Doen jou beste, moenie te veel druk op jouself sit nie. Jy moet nog steeds tyd maak om jou lewe te geniet!

Chlöe  Bilgnaut – 4 onderskeidings      

Wie is jou rolmodel?

My ma.

Wat is jou plan vir die toekoms?

Ek gaan argitektuur by Tuks studeer.

Wat gaan jy die meeste van Hoërskool Centurion mis?

Die gees en die mense.

Wie was die onderwyser wat die grootste impak op jou skoolloopbaan gemaak het en hoekom?

Me. L van Zijl, sy het my altyd gemotiveer en ek het toe beter presteer.

Watter wenk sal jy vir jonger leerders gee rakende voorbereiding vir eksamens?

Maak opsommings en gaan oor en oor deur die werk.  Hou jou kop hoog as dit moeilik raak, want dit is net tydelik.

Website and Facebook page:  www.hscenturion.co.za and https://www.facebook.com/HSCEN

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button