Local newsNews

Sangeres vra publiek om Hougaard ‘n kans te gee om self sy saak te stel

Nádine se kantoor het bespiegelinge rondom die inhoud van 'n bottel gevind in Hougaard se huis as "snert" afgemaak en die publiek versoek om Hougard 'n kans te gee om self sy kant van die saak te stel.

Sangeres Nádine het Sondag langs die bed van Springbok-legende in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria deurgebring.

’n Verteenwoordiger van haar kantoor het vanoggend gesê Derick Hougaard is beslis nog veel beter as wat die naweek berig is.

Hy is angstig om self te kan praat.

Hougaard het Vrydag uit ’n koma wakker geword nadat die sangeres hom op 10 Junie in sy tuiste bewusteloos gevind het.

Hougaard is die afgelope twee weke op ’n ventilator en met antibiotika behandel nadat daar infeksie in sy longe gediagnoseer is.

Hy is ook verlede week deur fisioterapeute behandel toe beide sy longe platgeval het.

Die sangeres sê sy is dankbaar Hougaard kan nou weer kommunikeer ten spyte van die feite dat hy nog pypies in sy keel het.

Sy het vir hom ’n wit skryfbord gekoop om sy gedagtes te deel.

Die verteenwoordiger van haar kantoor sê dat Nádine ontsteld is oor bespiegelinge oor watter vloeistowwe in ’n half leë bottel gevind is.

Die bottel is glo in Hougaard se huis ontdek en vir ontleding gestuur.

Die berigte oor die inhoud daarvan is deur die verteenwoordiger as “snert” afgemaak.

Die sangeres het die publiek versoek om nie aannames te maak nie en te wag totdat Hougaard self hieroor kon praat.

Volgens Rapport het ’n toksikologieverslag gewys dat daar wel ’n stof, wat toksies vir menslike gebruik is, in die bottel was.

Daar word deur die koerant beweer dat die vloeistof na teenvriesmiddel gelyk en soos hoesstroop geruik het.

Bewonderaars van die sangeres het haar besluit aangeprys om voorlopig ’n konsert uit te skuif na later in Julie om Hougaard te help herstel.

Derick Hougaard ‘maak sy oë oop en reageer op vrae’

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button