Local newsNews

Vyf plaaslike skole voor in die koor by nasionale koorkompetisie

Van Pretoria se topskole het die toon aangegee by die ATKV-Applous 2023 nasionale kompetisie vir skoolkore.

Vyf skole in Pretoria het gesamentlik nege toekennings in vanjaar se ATKV-Applous 2023 kompetisie vir skoolkore verwerf.

Mercia Eksteen, die kommunikasiebestuurder van die ATKV, sê hierdie kompetisie vir skoolkore in Suid-Afrika en Namibië is die oudste van sy soort in die land.

Vanjaar se finale ronde van die ATKV-Applous 2023 kompetisie vir skoolkore het dit duidelik gemaak hierdie kompetisie het ook beslis oor die jare van die hoogste standaarde vir skoolkore daargestel en gevestig.

Die beoordelaars van ATKV-Applous 2023 was dit eens die kore is sonder twyfel op internasionale standaard.

Eksteen sê enigiemand wat die finale ronde bygewoon het, sal kan getuig dit was ’n sonderlinge tentoonstelling van sangtalent.

Pretoria-skole het in die volgende kategorieë gewen:

Die Laerskool Elarduspark het drie toekennings gewen by die ATKV-Applous 2023 kompetisie vir skoolkore. FOTO: Annemarie Wichman.

Laerskole:

Ope-afdeling – Laerskool Elarduspark
Meriete-afdeling – Laerskool Elarduspark
Meriete-afdeling – Beste uitvoering van ’n Afrika-lied: Laerskool Garsfontein
Meriete-afdeling – Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie: Laerskool Elarduspark

Die Laerskool Garsfontein verwerf Laerskole Meriete-afdeling in die kategorie Beste uitvoering van ’n Afrika-lied. FOTO: Annemarie Wichman

Hoërskole:

Meriete-afdeling (meisies): Beste uitvoering van ’n Afrika-lied: Die Hoërskool Menlopark
Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie: Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Prestige-afdeling (meisies): Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Prestige-afdeling (seuns): Afrikaanse Hoër Seunskool
Prestige-afdeling (gemeng): Die Hoërskool Menlopark

Three officers get four years for bribery

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button