Local newsNews

Bloedskenkings in die Moot

Die donasietent in die Moot is altyd suksesvol met ’n gemiddeld van 120 donasies oor ’n naweek.

Die SANBS doen ’n beroep op Suid-Afrikaners, wat nog nie skenkers is nie, om na hul naaste mobiele bloedstasie of skenkersentrum te gaan om bloed te skenk.

“Ons is in die middel van ’n bloedvoorraadkrisis aangesien vlakke voortdurend aanhou daal,” se Siemi Prithi, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS).

Rekord het by Roshell Pilay, ’n skenkerverhoudingspraktisyn van SANBS, gaan aanklop vir meer inligting en hoe die Moot ’n bydrae kan maak.

“SANBS moet ’n bloedvoorraad van vyf dae van elke bloedgroep handhaaf om volgehoue bloedbeskikbaarheid vir pasiënte in nood te verseker. SANBS het egter net ’n bloedvoorraadvlak van 3,5 dae wat aansienlik laag is,” sê sy.

Een van die grootste mobiele bloedstasies in die Moot is die groot tent by Waverley Plaza (op die hoek van Codonia-laan en Hertzogstraat), wat op ’n maandelikse basis van Vrydag tot en met Sondag oop is.

Sy sê dat die donasietent in die Moot is altyd suksesvol met ’n gemiddeld van 120 donasies oor ’n naweek.

Hulle sit egter met ’n probleem dat alle geregistreerde skenkers nie op ’n gereelde basis bloed skenk nie.

“Tydens skoolvakansies en eksamenperiodes skenk leerders ’n groter persentasie bloed. Die meerderheid bloed word ingesamel van persone vanaf 16 tot 18 jaar oud,” sê sy.

Rekord het met ’n paar Moot-inwoners gepraat om te hoor wat hulle dink van bloedskenking.

“As ek nie so bang vir naalde was nie, het ek bloed geskenk. Ek het nie eers my Covid-inspuiting gaan kry nie as gevolg van die vrees,” se Angi Bouwmeester.

“Hoekom moet ek bloed gaan skenk as hulle daardie bloed, my bloed, gaan verkoop vir duisende rande aan mense in nood by die hospitale?” vra Jaco Vermaak.

Die meerderheid mense wat ons genader het, sê dat hulle nie bloed skenk nie en ook nie belangstel om dit te doen nie.

Pieter Coetzee skenk egter graag bloed.

“Ek skenk bloed elke nou en dan, minder as wat ek sou wil, maar ek doen dit wanneer die geleentheid daar is.

“Ek is nie besorgd oor waarnatoe die bloed gaan of hoe dit by die mense uitkom wat dit nodig het nie, solank dit lewens red is ek gelukkig,” sê Coetzee, wat ook ’n orgaanskenker is.

Roshell Pilay sê dat hulle stilste tye wat skenkers betref oor die winter is wanneer dit verkoue seisoen is.

ALSO READ: Household with renting rooms overload and cause transformer to trip

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button