Local newsNews

“So word en bly jy rateltaai,” sê Wapadrand-sielkundige

'n Kenner vertel hoe jy die vaardigheid kan ontwikkel om staande te bly in moeilike tye.

Om veerkragtig te bly, moet jy soos ’n kind kan speel, stil kan word, dikwels in verwondering staan en deernis wys.

Dit is die boodskap van ’n sielkundige van Wapadrand, Marlene Flett.

“As jy moeg is en oorweldig voel, kan dit help om weer ’n bietjie pret te hê, meer te lag en goedvoeldinge te doen,” glo Flett.

Die oud-Namibiër het ’n waarderende gehoor by ‘n motiveringspraatjie by Liquid Coffee Bar in die Wilgers vertel van haar pad van arbeidsterapeut tot sielkundige, en wenke gegee om rateltaai vir die lewe se uitdagings te word.

“Ons teken nie almal elke dag tien uit tien aan nie, en so was dit ook vir my. Ek het twee jaar aan depressie gely en moes terapie ondergaan om weer my kop te lig,” sê Flett.

Nadat sy as arbeidsterapeut vroeg in haar 20s gekwalifiseer het en haar leerlingskapjare voltooi het, het Flett in die destydse Hendrik Verwoerd-hospitaal met kinders wat met kanker gediagnoseer is, gewerk.

Susan van Schalkwyk het ‘n kleurvolle uitrusting aan.

Hierdie ervaring het ’n onuitwisbare indruk op haar gemaak.

“Ek dink mens leer meer by mense wat besig is om dood te gaan as by mense wat lewe.”

Flett en haar man Alex het twee dogters en ’n seun. Vandag is sy ouma van vyf kleinkinders.

Sy het haar werk voortgesit by ’n skool vir kinders met serebrale gestremdhede. Mettertyd het sy haar eie kliniek oopgemaak om kinders se waarnemingsvaardighede, soos hul leesvermoëns, te verbeter.

Dit was na ’n twee jaar lange verblyf as gesin in Israel wat Flett met angstigheid en depressie begin stoei het.

“Met ons terugkoms het ek nie meer dieselfde hegte ondersteuning gehad of die argeologiese uitstappies waarvoor ek lief geword het nie. Ek was skielik net ’n nommer,” verduidelik Flett.

Haar genesingsproses onder leiding van ’n ervare terapeut, dr. Joe Steenkamp, het haar in ’n nuwe beroepsrigting gestuur.

Marlene Flett saam met haar dogters Anel Alexander en Marilette Klopper.

Op 38-jarige ouderdom was Flett terug in denims en tekkies op universiteit om ses jaar lank te studeer om ’n sielkundige te word.

Haar laaste jaar was sy saam met haar dogter, Marilette Klopper, saam op universiteit.

“Die lewe is taai. Ons hou almal baie balle in die lug. Dit was in dié jare ook so vir my gewees.”

Vandag praktiseer Flett voltyds en lei sy haar kliënte om hul vermoëns op talle gebiede en ook op sielkundige gebied, ten volle te benut en uit te leef.

“Ons moet almal leer om die sagte teddiebeertjie in ons te beskerm,” doen Flett veral aan die hand vir diegene wat sensitief gebore is.

Sy het ook oor haar jare as terapeut by ’n psigiatriese kliniek gesels.

“Ek het weer besef as jy diep in ’n put is, het jy hulp nodig om self daaruit te kom. Dieselfde geld om veerkragtig te bly. Ons is vir verbintenisse met ander gemaak en om met omgeeharte te leef.”

Die eienaar van Liquid Coffee Bar in die Wilgers, Annerita van Zyl, het ‘n spogoggend aangebied met Marlene Flett as motiveringspreker.

ALSO READ: Household with renting rooms overload and cause transformer to trip

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button