Local newsNews

Pretoria FM vier 30e verjaarsdag in styl

Die totstandkoming van die radiostasie Pretoria FM en die pad vorentoe is met musiek deur Coenie de Villiers en ’n terugblik op die verlede gevier.

Pretoria FM het hul 30-jarige bestaansjaarvieringe afgeskop met ’n kleurryke funksie waartydens daar na hoogtepunte oor die stasie se moeilike afskop- en groeityd die afgelope paar jaar gekyk is.

Die uitvoerende bestuurder van die stasie, Willie Spies, het tydens die glansryke aand in ’n funksiesaal op die Soltech-kampus teruggekyk na sy verbintenis met die stasie, maar ook vorentoe gekyk.

“As ’n radiostasie ’n ontstaansrede het, het hy ook ’n bestaansrede,” sê Spies.

Vir hom is dit belangrik om die droom om Afrikaans op die luggolwe te vestig as ’n tuiste landwyd asook internasionaal op alle platforms, vorentoe te neem en met ’n toekomsverwagting hieroor die stasie uit te bou.

“Dit is belangrik om getrou te bly aan ons roeping, maar ons wêreld is groter as Pretoria omdat ons herleistasies het. Ons span ook nou op ’n opwindende manier tegnologie soos YouTube in om meer as net ’n plaaslike radiostasie te wees. Die oogmerk is om ook in ’n mediahuis te ontwikkel,” sê Spies.

Die uitvoerende bestuurder van Pretoria FM Willie Spies en stasiebestuurder Hennie Koortzen.

Hy het na die stasie se YouTube-kanaal verwys wat in een maand 2.9-miljoen internetbesoeke gehad het. Nuus word saans op die kanaal aangebied.

Die stasiebestuurder, Hennie Koortzen, meen die feit dat die stasie toeganklik vir almal en opsigtelik vanaf die Loftuspark-winkelsentrum uitsaai, dra by tot die sukses.

“Ons ateljee is tussen die mense, vir die mense. Sigbaarheid is belangrik en deel van ons strategie,” sê Koortzen.

Hantie Spies (links) en Liesl Krause-Wiid.
Ernst van Zyl en Tamaryn Odendaal.

Legendariese sanger, Coenie de Villiers, het by die verjaarsdagvieringe opgetree en al sy goue oues soos “Namakwaland” gesing.

Hy het die stasie gelukgewens met die sonderlinge prestasie. As kommunikasiekundige het hy talle stasies al op hul voete gehelp en beskou sulke oorlewing van ’n radiostasie vandag as merkwaardig.

Bekroonde film steek nou ook regisseur se grense oor

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button