Local newsNews

Oues van dae ruil-en-koop om kinders te help

Die snuisterywinkel word as ’n bron deur die huisouers van hul versorgingshuise gebruik word om benodighede soos klere en kombuisgoed vir die huise en inwoners te vind.

Die Ons Tuis-inwoners het boeke kom ruil vir ’n wye verskeidenheid artkels in die snuisterywinkel op die terrein van die kinderhuis.

Die ruim en sonnige winkel in Briscoestraat, Finders Keepers, is vol voorheen-geliefde artikels soos klere, boeke, toebehore, CD’s en DVD’s, juwele en ornamente.

Aan die hoof van die winkel staan Verné Smith, ’n vrolike en vriendelike winkelier wat haar kliënte ken.

Wanneer voorraad by wyse van skenkings inkom, weet sy sommer reeds wat om eenkant te hou.

Een van die produkte waarmee sy graag spog is die Good Socks-reeks wat spoggerig op die toonbank uitgestal word.

Sy verduidelik die kinderhuis is deur twee toegewyde fietsryers in 2021 genader om interessante ontwerpe voor te lê vir die ontwerp van sokkies.

“Altesaam 38 ontwerpe is voorgelê waarvan vier vir vervaardiging gekies is,” wys Smith uit.

Ina Kotze van die bemarkingspan van die Louis Botha-kinderhuis by van die ontwerpe vir sokkies wat deur die inwoners van die kinderhuis ontwerp is vir sokkies wat deur ‘n Tshwane maatskappy vervaardig word en te koop aangebied word by hul snuisterywinkel, Finders Keepers, op die terrein van die kinderhuis in Queenswood.

Die wenontwerp van ’n 11-jarige inwoner van die kinderhuis is op die sokkies verewig.

Die sokkies is opgevolg deur nog ontwerpe van die kinderhuisinwoners en die volle reeks is in die winkel te koop.

Die sokkies word ook tydens gala-aande aan donateurs uitgedeel. Die besoekers van Ons Tuis-aftreeoord het ook elk ’n paar ontvang.

Die dames van Ons Tuis het die bewusmaking rondom die kinderhuis onderhoudend gevind.

Ina Kotze, woordvoerder van die Jakaranda en Louis Botha-kinderhuis, het op ooreenkomste tussen die aftreeoord en kinderhuis gewys.

Die eerste Ons Tuis-eenheid het op 1 April 1929 die lig gesien toe Machteld Postmus sy deure in Pretoria geopen het.

Tans woon daar meer as 1 100 inwoners in die verskillende eenhede van die aftreeoord.

Die Louis Botha-kinderhuis op sy beurt weer is in 1918 deur Helen de Waal in 1918 gestig om te sorg vir kinders wees gelaat deur hul ouers se afsterwe in die Groot Griep van 1918.

“Ons deel ’n trotse tradisie van diens aan die gemeenskap,” sê Kotze.

Nicky Pretorius

Sy het ’n beroep op die Ons Tuis-inwoners gedoen om hul invloed te gebruik om hul mede-inwoners meer van die kinderhuise te vertel.

“Kom koop in op ons inwoners se menswees. Ons het elke generasie nodig om gesonde gemeenskappe te vorm en te onderhou,” glo Kotze.

Kotze ook daarop gewys dat die snuisterywinkel as ’n bron deur die huisouers van hul versorgingshuise gebruik word om benodighede soos klere en kombuisgoed vir die huise en inwoners te vind.

By die Louis Botha-kinderhuis word daar meer as 100 skoolgaande kinders van 7 tot 18 jaar versorg wat deur die Kinderhof uit hul ouers se sorg verwyder is.

Die kinders woon in nege huise op die kinderhuis se terrein wat elk ’n inwonende huisouer en assistent het.

Marié Reyneke van die Louis Botha-kinderhuis se bemarkingspan met armsvol van die voorheen-geliefde teddiebere wat by hul snuisterywinkel, Finders Keepers, te koop is.

Hierdie kinders word in die skoolkwartaal na 23 verskillende skole deur die kinderhuis aangery.

Kotze sê skenkings soos dié om Finders Keepers in voorraad te hou is altyd welkom.

Die kinderhuis het egter ook bydraes nodig om byvoorbeeld die brandstof in voertuie te hou om die inwoners na skole te vervoer.

Dit kos die bestuur van Louis Botha-kinderhuis bykans R130 000 aan elektrisiteit per huis per jaar.

Die totale bedryfskoste per huis per maand beloop bykans R94 000 terwyl die versorging per kind per jaar R7 800 beloop.

Net 43% van die koste van die bedryf van die kinderhuis word deur ‘n staatsubsidie gedek.

– ’n Projek om genoeg hoesmiddels vir moontlike verkoues en griep vir die komende winterseisoen vir die afsonderlike huise van die kinderhuise sowel as hul klinieke te verkry, word eersdaags geloods. Diegene wat wil bydra, kan ’n e-pos stuur na info@louisbothachildren.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie

 
Back to top button