Local newsNews

Eerste op die podium – Hoërskool Garsfontein se Formule 1-geesvangdag

In ’n skouspelagtige vertoning van entoesiasme het die skoolhoof Leon Bantjies, geklee in ’n resiespak en helm, in ’n F1-jaer vir die dag verander.

’n Skoolgemeenskap in Pretoria-oos het Dinsdagoggend in ’n ongekende viering bymekaar gekom om gees te vang toe Hoërskool Garsfontein ’n Formule 1-tema geesvanggeleentheid aangebied het met vinnige sportskarre, lewendige vertonings en bemoedigende kompetisies.

In ’n skouspelagtige vertoning van entoesiasme het die skoolhoof Leon Bantjies, geklee in ’n resiespak en helm, in ’n F1-jaer vir die dag verander.

Die hoogtepunt was sy opwindende aankoms in ’n slanke sportmotor, wat deur die skoliere en onderwysers toegejuig is terwyl hy verskeie rondtes om die skoolterrein voltooi het.

Hy het toe op die podium die eerste plek betree en met ’n trofee in die hand het hy die ikoniese geruite vlag geswaai voordat hy ’n bottel nie-alkoholiese sjampanje laat knal het, tot groot vreugde van die toeskouende leerders en onderwysers.

Die geleentheid se energie is verder versterk deur ’n optrede van Zaan Sonnekus, ’n plaaslike musiekgroep wat leerlinge op hul voete gehad het.

Beide leerders en onderwysers het ook aan die feesvieringe in vriendelike dog felle kompetisies deelgeneem, met die gesogte prys: kaartjies na die Melk Fest wat op 4 Mei plaasvind. Hierdie kompetisies het gewissel van danskompetisies tussen die leerders sowel as onderwysers tot leerders wat ’n boks melk so vinnig as wat hulle kon moes opdrink.

“Die geesdriftige deelname van beide leerders en personeel het nie net hul entoesiasme vir die geleentheid getoon nie, maar ook hul trots om deel van die Garsfontein-familie te wees,” meen Freddie Grobler, kommersiële bestuurder van die skool.

Leerders vang gees

Die geesvang was ’n groot sukses, nie net in terme van deelname nie, maar ook om skoolgees te versterk. “Hierdie gesamentlike gees was ’n getuienis van die skool se lewendige kultuur en sterk gemeenskapsgevoel,” het Grobler bygevoeg.

Die Zaan Sonnekus en sy musiekgroep het by die geesvang opgetree.

 

Hoërskool Garsfontein sien baie uit na hul Opedag op 24 April en nooi almal uit om deel te kom wees van die gees.

“Terwyl die Formule 1-geesdag ’n onuitwisbare indruk maak op almal wat deelgeneem het, bly Garsfontein Hoërskool stewig verbonde aan sy toewyding tot uitnemendheid en gemeenskapsgees, en lê die pad vir ’n helder en belowende toekoms,” het Grobler gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button