News

Pretoria-sanger sterf na kampvuur fratsongeluk

Du Preez van Heerden, ’n plaaslike sanger van Pretoria, is Vrydag in die hospitaal oorlede na 'n fratsongeluk in Maart.

Medelye stroom in ná die dood van Du Preez van Heerden, ’n plaaslike sanger van Pretoria. 

Hy het in Maart vanjaar derdegraadse brandwonde opgedoen toe hy in ’n kampvuur geval het.

Hy het op sy Facebook-blad meer oor die voorval vertel. Die insident het gebeur tydens ’n kuier saam met vriende.

Du Preez vertel hy het agteruit getree terwyl hy met iemand gepraat het, oor ’n baksteen gestruikel en met sy rug eerste in die vuur beland.

Sy vriende het hom uit die vuur gehelp en in die swembad gegooi.

Vir die eerste vyf dae het hy self probeer om die wonde te behandel, maar het toe besluit om eerder na ’n hospitaal te gaan. 

Volgens die mediese personeel het hy tweede- en derdegraadse brandwonde oor sy hele rug, arms, borskas en boude opgedoen. Dit is omtrent 30% van sy liggaam.

Dooie weefsel moes in die teater verwyder word. Du Preez sê hy voel steeds die vlamme op sy vel wanneer hy aan die traumatiese insident terugdink.

Later het hy gesê dat hy nog lank in die hospitaal gaan wees want sy longe asook hart het skade gekry.

Hy het Donderdag in ‘n emosionele video gepraat oor sy seuntjie se verjaarsdag wat hy mis. Sy seuntjie het 9 jaar oud geword.

“Dis een moerse hartseer dag vi my maar n wonderlike daggie vir my mooiste beste tjommie. 

“Happy birthday bulla. Jy is pappa se alles en BAIE JAMMER ek kan nie daar wees nie,” het Du Preez geskyf. 

Intussen het huldeblyke en medelye ingestroom. 

“Dis bitter! RIV my vriend. Du Preez Van Heerden Dis net nie reg nie,” het Blackie Swart, Afrikaanse liedjieskrywer en sanger Saterdag op sy Facebook gesê. 

ALSO READ: Local boxer in his first cruiserweight fight

Do you have more information about the story?

Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button