Local newsNews

Gelukbringers moedig gemeenskap aan om bloed te skenk

Wêreldbloedskenkerdag word gevier om skenkers te bedank vir hul lewensreddende bydraes.

’n Groot bloedskenkgeleentheid is op Wêreldbloedskenkerdag, 14 Junie, by Loftus Park Piazza aangebied.

Die geleentheid was te danke aan Pretoria FM en die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD).

Wêreldbloedskenkerdag is die eerste keer in 2004 deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, die Internasionale Federasie van die Red Cross en Red Crescent Societies, die Internasionale Federasie van Bloedskenkerorganisasies (IFBDO) en die Internasionale Vereniging van Bloedoortappings (ISBT) georganiseer.

Dié dag het ten doel om vrywillige bloedskenkers te bedank vir hul lewensreddende bydraes en om die voortdurende behoefte aan bloedskenkings uit te lig.

By vanjaar se geleentheid het ’n aansienlike aantal mense na vore gekom om bloed te skenk.

Mari Oosthuizen, Pretoria FM se sosiale media-nuusredakteur en een van die geleentheidsorganiseerders, het die samewerking met drie plaaslike skole beklemtoon: Laerskool Pretoria-Oos, Laerskool Monumentpark, en Hoërskool Zwartkop.

Die wenner van die gunstelinggelukbringer wedstryd: Laerskool Pretoria-Oos se Ekie.

Sestien lewendige gelukbringers was daar om die gemeenskap aan te moedig om die geskenk van lewe te gee. Die verskeidenheid gelukbringers was onder andere oom Paul Kruger en tannie Gezina van die Voortrekkermonument, en karakters van AfriForum se sakenetwerk en jeugprogramme, soos AfriForum Jeug se skape en Matthew, die gelukbringer vir hul tienerboelieveldtog.

Gelukbringers van Gallagher Livestock Management, Bosveld Charcoal, Dr. Tooth Little, PVM Nutritional Supplements en Die Boerkultuurpark het ook bygedra tot die feestelike atmosfeer.

Die Blou Bulle se ikoniese bul en SANBD se druppel bloed-gelukbringer was ook teenwoordig en het glimlagte getrek en deelname aangemoedig.

Die geleentheid het 110 eenhede bloed ingesamel.

“Hoewel ons op meer eenhede gehoop het, was die dag ’n dawerende sukses. Daardie 110 eenhede kan moontlik 330 lewens red. Dit gaan nie net oor die hoeveelheid nie, maar die eenheid wat Pretoria FM in ons gemeenskap koester,” sê Oosthuizen.

Die hoogtepunt van die dag was toe die gelukbringers gewilde danse soos die YMCA, Cha-Cha Slide en Macarena uitgevoer het.

Mari Oosthuizen van Pretoria FM dans met die SANBD se bloeddruppel.

Elke bloedskenker het die geleentheid gehad om vir hul gunstelinggelukbringer te stem, met ’n buite-uitsending ter waarde van R30 000 by Pretoria FM as wenprys.

Vanjaar het Ekie die eekhoring van Laerskool Pretoria-Oos gewen, wat die meeste harte en stemme verower het.

 

Oosthuizen het afgesluit met dié boodskap: “Nie almal kan geld aan nie-winsorganisasies skenk nie, maar almal het bloed om te gee as hulle gesond is. Jy weet nooit wanneer jy of ’n geliefde dit dalk nodig het nie.”

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Itumeleng Mokoena

Itumeleng Mokoena is a skilled journalist with experience in investigative reporting, interviewing, photography, and writing accurate news. Based at Pretoria Rekord East, he covers various beats and is dedicated to informing and educating the community. With a diploma from Tshwane University of Technology and previous experience at Lowveld Media, he is a passionate and hardworking journalist.
Back to top button