NewsSchools

Waterkloof blink uit by Dink of Sink-finaal

Jong debatspanne van ses provinsies het mekaar in drie onvoorbereide debatte die stryd aangesê, met kritiese denke wat sterk tydens die kompetisie sterk na vore getree het.

Hoërskool Waterkloof het op 19 September as wenners uit die stryd getree tydens die nasionale finaal van AfriForum se Dink of Sink-onvoorbereide debatskompetisie.

In die senior kategorie vir graad 10-, 11- en 12-leerders het die Pretoria-oos skool se Elzerie Vermaak, Ivan Louw en Hugo Louw die goue trofee huis toe geneem.

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Moné Hugo, Mia du Plessis en Liza Marais het as naaswenners in die junior kategorie geëindig.

Die finaal is by Akademia se Leriba-kampus in Pretoria aangebied, waar 12 skole in die junior en senior kategorieë meegeding het.

In die junior kategorie vir graad 8- en 9-leerders het Hoërskool Witteberg van Betlehem se Heilene Meintjes, Inge Meintjes en Lize Joubert die goue trofee verower.

Hoërskool Framesby van Gqeberha se Micaela Potgieter, Therese Otto en Matthys Potgieter was die naaswenners in die senior kategorie.

Die finaliste het uit ses provinsiale uitdunrondes gekom, naamlik Gauteng, die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap.

Die naaswenners van die Dink of Sink-debatkompetisie se junior kategorie was Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se span: Moné Hugo, Liza Marais en Mia du Plessis. Foto: Verskaf

Die 12 spanne het gedurende die dag elk drie debatte oor verskeie aktuele onderwerpe binne hul verwysingsraamwerk gevoer.

Nicolene Smith, AfriForum se koördineerder vir Onderwys in die suidstreek, sê die kompetisie bied aan jong debatdeelnemers ’n geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel.

“Die hoërskooldebatspanne het ’n indrukwekkende vlak van openbare spreekkuns en kritiese denke getoon deur goed beredeneerde standpunte en selfversekerde optredes,” sê Smith. “Ons sien met opgewondenheid uit na die verdere ontwikkeling van hierdie kompetisie en die rol wat dit sal speel in die ontginning van jong debat­teerders se volle potensiaal.”

Volgens Smith is die doel van Dink of Sink om Afrikaanse debatkuns op laerskool-, hoërskool- en universiteitsvlak te bevorder.

Die kompetisie ontwikkel ook volgens haar vaardighede wat deelnemers later in hul beroepslewe kan benut en het vanjaar sy tiende bestaansjaar gevier.

Carien Bloem, AfriForum se hoof van Onderwysprojekte, sê die geleentheid het oor die jare uitgebrei tot ’n platform waar jongmense in Afrikaans kan redeneer, standpunt inneem, luister en bevraagteken.

“Wat begin het as ’n droom om Afrikaanse debat te bevorder, het gegroei tot ’n platform waar jongmense leer dat dit nie genoeg is om bloot ’n mening te hê nie,” sê Bloem. “Jy moet dit kan begrond, verdedig en soms ook die moed hê om van mening te verander.”

Lynne de Vos, Hoërskool Waterkloof se debatorganiseerder, skryf die span se sukses toe aan die onderlinge karaktertrekke en sterkpunte van die spanlede.

“Hugo is ons ekonooom, Elzarie maak seker sy trek al die punte bymekaar en hou die span bymekaar en Ivan is die gom wat alles bymekaar hou met sy sin vir humor veral as hy verklaar dis ’n feit soos ’n vet koei in die lente!”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button