Advertorial

Kom geniet ‘n avontuur van smaak by The Wild Café

Afrikaner-gunstelinge ontmoet Amerikaanse troos kos binne ’n avontuurlustige moderne woud opset.

’n Lewensveranderende reis na Amerika het die eienaars van The Wild Café se liefde vir wonderlike en unieke kos geïnspireer.

Afrikaner-gunstelinge ontmoet Amerikaanse trooskos binne ’n avontuurlustige, moderne woud-opset. Geleë in die nuut geboude sentrum van Glen Village North in Faerie Glen, Pretoria het The Wild Café sy deure op 9 Maart 2024 geopen.

“As jong entrepreneurs mik ons om vir elke kliënt ‘n besonderse ervaring te gee deur ons kulinêre wonders te ontdek wat binne elke heruitvinding van Afrikaners se gunsteling geregte wag.

“Met ons kontemporêre dekor en treffende kunswerke pas die atmosfeer by die kos, is klassiek en natuur-geïnspireer tog ongetwyfeld modern. Ons buitengewone en pragtige binnehuis-ontwerpe soos ons twee “feature walls” is daar vir foto’s neem en plesier.”

Die restaurant is geplak, gepleister en gebou om ’n unieke reënwoud-ervaring te skep en plante liefhebbers te lok.

Elke kliënt kan hul verlustig in die gerief van ons heerlike restaurant en terselfdertyd voel hoe die bekommernisse van die wêreld verdwyn met elke slukkie van ons spesiale en smaaklike drankies.  The Wild Café fokus daarop om disse te vervaardig wat deur ons kombuis se ongewone en kreatiewe benadering tot bestanddele en bord-uitstalling geskep word, wat ons geregte se natuurlike geure en smaak komplimenteer.

Professionele kelners, baristas en kombuispersoneel dra by tot die Wild Café-ervaring, smaaklike etes en atmosfeer. Sagte rustige musiek word gespeel in die agtergrond om van alle spanning ontslae te raak en dat jy die oomblik na die beste van jou vermoë kan geniet.

Harde werk en deursettingsvermoë het ons gebring tot waar ons is vandag – ‘n nuwe en lieflike kafee wat vreugde, goeie koffie en indrukwekkende geregte vir ons kliënte en gemeenskap wil lewer.

Ons nooi jou uit om die Wild Café jou tuiste te maak, waar elke hap en koppie jou op ’n avontuur neem wat jy nooit sal vergeet nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button