VERTEL ONS VAN JOU BESIGHEID!
Begin jy ’n besigheid, of wil jy dit graag ’n stap verder vat? Dan is dit tyd om jou voorlegging gereed te kry!

Na ’n uitsonderlike Pitch Your Business-kompetisie in 2024 doen ons dit weer!
I Am Youth, Radiokansel, die Noordwes-Universiteit se bhive Enterprise Development Centre van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en TBN in Africa bied saam die derde Pitch Your Business!-kompetisie aan.
Ontvang ook noodsaaklike aanlyn besigheidsopleiding. Totale bemarkingsblootstelling ter waarde van R1 miljoen is op die spel, sowel as deurslaggewende in-diepte mentorskap van die universiteit.
Waarom ’n ondernemerskapkompetisie?
Ons het onsself afgevra: Hoe kan ons ons luisteraars help om suksesvolle ondernemers te word, nuwe werksgeleenthede in hul gemeenskappe te skep en ook tot positiewe ekonomiese groei by te dra? Dit het tot die ontstaan van die Pitch Your Business!-kompetisie gelei. Hierdie kompetisie vorm deel van ’n ondernemerskap-opleidingsprogram vir voornemende, beginner- en kleinsake-ondernemers.

Kwaliteit ondernemerskap-opleiding GRATIS!
Talle ondernemers het fantastiese, kreatiewe idees met die vooruitsig om inkomste te genereer en in hul gemeenskap te belê. Die waarskynlikheid dat nuwe of kleinsake-ondernemers hul besighede volhoudend groei, is egter laag. Besighede vou ongelukkig dikwels as gevolg van ’n gebrek aan kennis. Met die Pitch Your Business!-kompetisie poog Radiokansel om deelnemers met die nodige inligting en vaardighede toe te rus om die waarskynlikheid te verhoog om volhoubare besighede te stig en te laat groei.
Ons doen dit vir ’n derde keer!
Radiokansel is baie dankbaar en staan in verwondering oor die sukses van die 2023 en 2024 Pitch Your Business!-kompetisies. Die radiostasie verskaf hoë gehalte aanlyn opleiding deur hande te vat met die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en sy bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum. Die universiteit rus toekomstige ondernemers aanlyn toe met kennis oor hoe om die noodsaaklike basiese beginsels van ondernemerskap strategies toe te pas. Hierdie aanlyn opleiding is gratis!
Die wenners van die Pitch Your Business!-kompetisie sal bemarkingspakkette ter waarde van R1 miljoen in totaal op Radiokansel en vennoot-mediaplatforms ontvang. Die algehele wenner ontvang promosieblootstelling ter waarde van R500 000, asook deurslaggewende in-diepte mentorskap van die universiteit.

Almal welkom
Jy hoef nie alreeds ’n besigheid te besit om deel te neem aan die kompetisie nie. Jy kan ook jou besigheidsidee inskryf en gratis aanlyn in-diepte opleiding ontvang. Deelnemers van enige ouderdom is welkom.
Registreer nou!
Registrasies sluit binnekort op 31 Mei 2025 om middernag. Daar is geen beter tyd as nou om kosteloos vir hierdie kompetisie te registreer nie.
Registreer aanlyn op www.iamyouth.co.za of www.radiokansel.co.za onder ‘Pitch Your Business!’ Competition.
