Local newsSchools

Montana-leerder in SA-skolespan vir Nederland hokkietoer ingesluit

Die span wat uit spelers van regoor die land bestaan, sal in September hulle amptelike Suid-Afrikaanse drag ontvang.

’n 14-jarige meisie van Hoërskool Montana is deel van die Suid-Afrikaanse skolespan wat later vanjaar in Nederland op die hokkieveld in aksie gaan wees.

Lee-Ann Crafford is gedurende die Menlo-hokkiefees in Maart deur keurders van Travel and Sport raakgesien waar sy na afloop van die fees van haar insluiting in die span in kennis gestel is.

Die Suid-Afrikaanse span vertrek aan die begin van Oktober na die buiteland.

Lee-Ann Crafford.

“Ek sal daardie dag toe ons ons laaste wedstryd gespeel het en na afloop van hierdie wedstryd waar ek vir die span gekies is, nooit vergeet nie. Ek moet myself nou nog knyp. Ek was nog nie voorheen in ’n provinsiale of nasionale span opgeneem nie en hierdie geleentheid is net die begin,” sê sy.

Lee-Ann, ’n voormalige leerder van Laerskool Wonderboom, sê dat haar liefde vir die sport as o.9-leerder begin het.

“Ek sal graag eendag as speler vir die Proteas se senior hokkiespan wil uitdraf.”

Die span wat uit spelers van regoor die land bestaan, sal in September hulle amptelike Suid-Afrikaanse drag ontvang.

Die Duitse hokkiespeler, Maria Verschoor, is ’n speler wat Lee-Ann groot respek en waardering voor het.

“Sy is ’n ongelooflike speler en elke keer wanneer sy op die veld draf, sit ek vasgenael voor die kassie.

“Ek weet wat dit beteken om hard te werk en ek sal alles insit om myself te bewys,” vertel sy.

“My gunstelingspreekwoord is ‘life is better when we stick together’.”

’n Fondsinsamelingsprojek ten bate van Lee-Ann vind hierdie Saterdag by 242 Enkeldoornlaan in Montana plaas.

Indien enigiemand Lee-Ann wil ondersteun om haar droom te verwesenlik, kan Lelani Crafford op 061 968 6267 geskakel word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button