Voortrekkermonument verwelkom vyf perde
Koning, Pat, Jasper, Kaviaar en Hannibal, het oor die afgelope paar weke baie mooi aangepas by hul nuwe huis.
Vyf boerperde is onlangs aan die Voortrekkermonument geskenk – die eerste keer in vyf jaar dat perde op die terrein verwelkom is.
Die monument se nuwe viervoet-familielede is geskenk deur Obaro, ’n plaastoerustingverskaffer.
Koning, Pat, Jasper, Kaviaar en Hannibal, het oor die afgelope paar weke baie mooi aangepas by hul nuwe huis.
Die organisasie het op 7 Oktober by die monument kom kuier om ’n skenking te maak van ’n splinternuwe verskuifbare elektriese heining.
“Ons is baie dankbaar vir die geskenk,” sê bedryfshoof Henk Marais.
“Die Voortrekkermonument is ongelooflik opgewonde om weer ’n groep boerperde op die terrein te hê, veral oor die opvoedkundige waarde wat hierdie perde bied, byvoorbeeld vir kentekens vir Die Voortrekkers,” verduidelik Marais.
Hy is ook dankbaar vir die skenking van die elektriese heining wat die veiligheid van die perde sal verseker en sal ook die weiding van die perde aansienlik vergemaklik.
Om voor te berei vir die perde, en om die omgewing vir hulle veilige en gemaklik te maak, het hulle verskeie kenners genader.
Die monument is voortdurend besig om uit te brei en ’n werklike kultuurtuiste te skep vir alle besoekers en organisasies soos Obaro maak die monument se hande sterker in hul strewe na uitnemendheid.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
