AfriForum Moot-tak deel Kersfees-boodskap
“Die Here het ons vir mekaar gegee, kom ons bou gemeenskap in 2023.”

AfriForum se Groter Moot-tak wil graag lede van hulle gemeenskap bedank vir hul harde werk, en wil ook graag ’n Kersfees-boodskap met hulle deel.
“Mag elkeen van ons die Christus-boodskap uitleef en ’n lig in ’n donker, liefdelose wêreld skyn,” sê Cecily van der Berg, bedryfsbestuurder van AfriForum Groter Moot.
“Daarin sal ander die perfekte liefde van Jesus ervaar en uitstraal wanneer ons ’n geestelike kers vir mekaar aansteek.
“Die Here het ons vir mekaar gegee, kom ons bou gemeenskap in 2023!
“Wees veilig en paraat op die paaie.
Van der Berg raai lede van die gemeenskap aan om deel te word van hul Telegram veiligheidsgroepe “sodat ons kan help as daar probleme is”.
“Kry ons deur @AfriForumBuurtBot te soek op die Telegram-app.
“Ons bedank diep uit ons hart al ons lede, donateurs, buurtwaglede en buurtspanlede vir julle ondersteuning die afgelope jaar.”
AfriForum se buurtspanne het baie bereik hierdie jaar, en het rede om trots op hul lede te wees.
Die buurtspanne het veral gefokus op die Moot se parke en veral die spruit, waar hulle gereeld gaan skoonmaak het.
Hulle het ook baie groot drome vir die toekoms van hulle buurtspanne en wat hulle hoop om te bereik.
“AfriForum Groter Moot se droom waaraan ons bou deur die krag van die gemeenskap is ten minste agt buurtspanne, elk met sy eie bakkie of trokkie, wat dwarsdeur die Moot besig is om ons dorp skoon te maak en in stand te hou,” sê Andries Opperman.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
