Local news

Hoërskool Oos-Moot begin die jaar op ‘n hoë noot

Die Department van Onderwys het hulle geluk gewens op hulle 100% slaagsyfer

Nadat die Hoërskool Oos-Moot in 2022 vele suksesse geniet het, beoog hulle om daardie momentum in 2023 te bring.

Die Department van Onderwys het die skool op Vrydag besoek om hulle geluk te wens op hulle 100%-matriekslaagsyfer, en aanwysing as die topskool in die Tshwane-Noord distrik.

Die personeel is bedank vir hul harde werk en die departement sien met verwagting uit na die 2023-uitslae.

Die Department van Onderwys het personeel persoonlik kom bedank.

Liefdadigheid:
Leerlinge van die skool het die babahuis, Rock of Faith: Place of Safety besoek en donasies gemaak.

Groentjie konsert wenners:
Die graad 8E-klas was hierdie jaar die groentjiekonsert wenners en kon Vrydag met privaat klere skool toe kom.

Leerlinge het skenkings aan Rock of Faith: Place of Safety gemaak.

Redenaars:
Die werkswinkel wat op Saterdag deur Petrus Jacobs by die skool aangebied is, was baie insiggewend vir onderwysers en leerlinge.

Jacobs het hulle op nuwe maniere laat dink oor die skryf en aanbieding van toesprake.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button