Nuwe vrouebeweging fokus om vroue te bemagtig
'n Nuwe organisasie wil vroue landwyd in staat stel om hul volle potenisaal te ontwikkel sodat gemeenskappe gesond kan ontwikkel.
“Gesonde vroue skep gesonde gesinne wat weer gesonde gemeenskappe skep.”
Só sê René Roux, woordvoerder van Solidariteit Helpende Hand en toekomstige voorsitter van Vroue in Beweging.
Sy het op Vrouedag die Vroue in Beweging-inisiatief in die AfriForum-teater in Pretoria van stapel gestuur.

Die geleentheid is deur meer as 300 vroue bygewoon.
Die doel van die organisasie is om na elke vrou se welstand, opleiding en werk om te sien sodat sy “voluit vrou” kan wees.
“Vroue is die hartklop van ons samelewing. Daar is egter dikwels fisiese, emosionele en geestelike struikelblokke wat hulle daarvan weerhou om voluit vrou te wees. Die Vroue in Beweging wil dié struikelblokke oorkom,” sê Roux.
Volgens Roux gaan die Vroue in Beweging sy doel nastreef deur 17 van die Solidariteit Beweging se instellings te mobiliseer.
Hulle gaan ook kragte saamsnoer met verskeie ander vennote om vroue te bemagtig om sterker na vore te tree.
Jong fietsry kampioen laat die speke sing
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
