Local news

Massakoor van meer as 20 skole sing uit volle bors

'n Koororganiseerder droom om eendag Loftus met 'n massakoor van meer as 20 skole te vul.

Meer as 20 skole, 1 600 sangers en ’n massakoor sal ’n unieke koorkonsert op 16 September by die Moreleta-gemeente in Pretoria aanbied.

1KOOR is ’n opwindende inisiatief van iTickets, in samewerking met die Afrikaanse skoolgemeenskap.

Albertus Potgieter, besturende direkteur van iTickets en die organiseerder, sê die aand het ten doel om die ryk koorkultuur in Suid-Afrika te bevorder en mense daarvan bewus te maak.

Potgieter glo sulke byeenkomste kan deelname van skole aan massakoorbyeenkomste bevorder.

“Musiek het ’n groot impak op kinders en ouers. Die droom is om ’n massakoorbyeenkoms op Loftus te hou met verteenwoordiging van alle kore in ons area,” verduidelik Potgieter.

Van die Pretoria-skole wat deelneem is Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Waterkloof en die laerskole is Laerskool Garsfontein, Laerskool Wierdapark, Laerskool Bakenkop en Laerskool Hennopspark.

Laerskool Garsfontein koor

Vir Potgieter is die aanloop tot die geleentheid ook opwindend.

“Dis lekker om die afwagting van die kinders te sien. Dis hoendervleis-oomblikke wanneer hulle sing. Dis klanke vanuit die hemel,” meen Potgieter.

Een van die uitdagings is dat skole ook van ver, insluitende dorpe soos Heidelberg en Lichtenburg, kom.

“Ons wil Moreletapark-gemeente se saal volpak met 7 000 toeskouers en 1 600 kinders,” benadruk Potgieter.

Van die liedjies wat gesing gaan word is “Dis ’n land”, “Hande”, “My lewe draai om jou”, “Circle of life” en “Lyfie”.

Skole wat deelneem aan die konsert vanjaar sal ook outomaties betrek word in die 2024-mega-byeenkomste, wat internasionale blootstelling sal geniet.

Die konsert sal nie net gevul wees met koorstemme nie, maar ook vertonings deur bekende kunstenaars soos Bobby en Karlien van Jaarsveld.

Bobby van Jaarsveld
Karlien van Jaarsveld

Karlien sê sy sien werklik uit na die geleentheid.

“Dis ’n eerste vir my en ek dink dit gaan regtig spesiaal wees! Ek is mos mal oor kinders!”

Bobby glo dis ’n groot voorreg om gevra te word vir hierdie geleentheid.

“Ek het geen idee wat om te verwag nie want ek het nog nooit saam soveel mense gesing nie, maar ek sien regtig uit!”

Kliek hier om Laerskool Garsfontein aan die oefen te sien vir 1Koor:

 

Kliek hier om verlede jaar se vertolking van “Nkosi Sikelele Afrika” deur die massakoor by die 1Koor-opvoering van 2022 te sien:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button