Vernuwingsprojek sterk hande van Barmhartige Kers-Samaritane
Organisasies wat kinders versorg in die middestad van Pretoria sal ook baatvind deur skenkings wat die lede van die Kerkplein Vernuwingsprojek aan die Santa Skoenboksprojek gemaak het.
Meer as 4 700 skoenbokse is die afgelope twee weke in Pretoria versprei na verskeie geriewe waar kinders opgepas en versorg word deur die spanne van die Santa Skoenboks-projek.
’n Groot aantal van die skoenbokse vind ook hul weg as geskenke spesifiek na instellings in die middestad danksy die Kerkplein Vernuwingsprojek se lede.
Margie Kostelac, Gauteng-streeksbestuurder van die nie-winsgewende organisasie wat die projek jaarliks bedryf, is dankbaar op die individue en besighede wat vanjaar weer ruim bygedra het.
Die bokse word volgens spesifieke kinders se behoefte volgens hul geslag en ouderdom op ’n persoonlike manier verpak.
Die vierings waar die skoenbokse oorhandig is, is alreeds regdeur Pretoria gehou by organisasies wat volgens die Kinderbeskermingswet nie by naam genoem kan word nie.
“Ons is veral in ons noppies ook met werkgewers wat hul werknemers vanjaar aangemoedig het om vir elke skoenboks wat hulle gee, ook self een te gee,” verduidelik Kostelac.
Sy sê dat die Pretoria-span onder leiding van Anjolien Muller, vanjaar weer vroeg hulle vere reggeskud het om van die skoenbokse betyds af te lewer.
Die opmaak en skenkings hiervan is deur organisasies as spanbouprojekte gepak en is afgelaai is op ’n sentrale punt.
Individue het ook die geleentheid gekry om sulke skoenbokse te pak en af te laai by Pretoria-winkelsentrums.
Kostelac verduidelik dat ook Suid-Afrikaners wat oorsee is kan teen ’n skenking van R450 ’n skoenboks kon skenk aan een van die name op die lys.
Die lyste van ontvangers van die geskenke word reeds vroeg in die jaar saamgestel deur spanne van die Santa Skoenboksprojek.
Hulle nader instansies wat daardeur bevoordeel word.
Die name en details word dan aan organisasies en individue verskaf van behoeftige kinders onder hulle sorg sodat elke skoenboks ook ’n kaart met die ontvanger se naam sowel as ’n nota of briefie by kan kry.
“Ons gaan dan ook die skoenbokse na voordat dit uitgaan na die instansies dat die regte inhoud volgens geslag en ouderdom sowel as naam gepak is,” vertel Kastelac.
Sy het groot waardering vir een van die Pretoria organisasies wat nie net skoenbokse bydra tot die projek nie, maar ook die NGO in staat stel om van die pakwerk en verspreiding te doen van diegene wat gelddonasies maak en nie self ’n skoenboks pak nie.
“City Property Administration stel ons jaarliks in staat om logistieke rondom die projek soos verpakking, die stoor van items en skoenbokse sowel as verspreiding te hanteer deur vir ons ’n pakhuis as ’n administratiewe kern beskikbaar te maak,” verduidelik sy.
Lize Nel, skakelpersoon van City Property Administration, sê vanjaar het werknemers en vrywilligers by die 012 Central-gebou bymekaar gekom en skoenbokse begin pak. Die inhoud van elke boks bevat ’n klere-item, skryfbehoeftes, speelgoeditem, toiletbenodigdhede, ’n lekkergoedjie en spesiale kaart.
Dié skenkings is voorsien is deur huurders van geboue en sakelui in die middestad.
Elke werknemer kon sy eie skoenboks versier en ook die geskenk aan die kinders gaan uitdeel.
“Die projek is nie net om terug te gee aan die gemeenskap nie. Vir ons in Pretoria se middestad gaan dit ook om ’n meer inklusiewe middestadgemeenskap te skep en ’n impak in die stad te maak,” sê Jeffrey Wapnick, besturende direkteur van City Property Administration.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.