Local news

Pad nou veiliger by laerskool na organisasie ingryp

'n Padprojek is deur 'n burgerregte-organisasie aangepak om leerders en ouers van 'n laerskool te beveilig.

Twee dae en 15 ton teer later is die haglike toestand van die pad voor ’n Pretoriase laerskool uiteindelik herstel.

AfriForum het op 23 en 24 November hierdie reusetaak aangepak nadat verskeie versoeke uit die gemeenskap vir die herstel van Deystraat voor Laerskool Anton van Wouw, in Nieuw Muckleneuk, ontvang is.

Hoof Chris Henning sê die skool sukkel al ’n geruime tyd om dié vervalle pad te laat herstel.

Hulle het al die regte kanale gevolg, maar was telkens onsuksesvol in hul pogings.

Henning het sy dankbaarheid teenoor die burgerregte-organisasie uitgespreek vir die herstel van die pad wat nou weer veilig is vir motoriste – en derhalwe ook die leerders.

Altesaam 15 ton teer is op ’n totale oppervlak van 154m² gebruik om dié pad sowel as dele van die sypaadjies voor die skool, te herstel.

Deystraat en sypaadjies voor Laerskool Anton van Wouw is onlangs herstel.

Die totale koste van die projek beloop nagenoeg R85 000.

Volgens Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria Noord, sal hulle voortgaan om gemeenskappe by te staan en projekte van dié aard van stapel te stuur.

“Dit is vir ons ’n voorreg om Laerskool Anton van Wouw te kon help in dié verband en sodoende die waarde van selfdoen te beklemtoon,” sê hy.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Back to top button