Hoë aantal ernstige pasiëntskade-voorvalle in Pretoria-hospitale aangemeld
Pasiënte se veiligheid in Pretoria-hospitale is onder geweldige druk, met 2 281 ernstige ongewenste vorvalle wat by 12 fasiliteite laas jaar aangemeld is. Hoë syfers by George Mukhari, Steve Biko, en Weskoppies-hospitale beklemtoon dringende personeel-, toerusting- en bestuursprobleme.
Twaalf provinsiale hospitale in die Tshwane-distrik het 2 281 ernstige ongewenste voorvalle tussen 1 April 2024 en 31 Maart vanjaar aangemeld.
Die syfers toon ’n kommerwekkende voorkoms van gevalle en beklemtoon voortdurende uitdagings in gehaltesorg.
Hierdie voorvalle is wanneer pasiënte onbedoelde skade ly, wat moontlik tot besering, permanente ongeskiktheid of dood kan lei.
Hulle spruit dikwels voort uit swak hospitaaltoestande, mediese foute en sistemiese operasionale mislukkings.
Gauteng se openbare hospitale het laas jaar ’n verbysterende totaal van 7 386 voorvalle aangemeld, wat voortgesette kommer oor pasiëntveiligheid in die provinsie beklemtoon.
Dit is ’n toename van 7 117 in 2024 en 6 910 in 2021, ’n voortgesette kommerwekkende opwaartse neiging wat in 2019 begin het.
In Pretoria, is 600 voorvalle by Dr George Mukhari Akademiese Hospitaal in Ga-Rankuwa aangemeld, en 592 voorvalle by Steve Biko Akademiese Hospitaal.
Weskoppies-hospitaal het 426 voorvalle gehad, Mamelodi-hospitaal (219), en Kalafong-hospitaal in Atteridgeville (200).
Kleiner fasiliteite toon ook kommerwekkende syfers: Jubilee-hospitaal in Hammanskraal (47), Odi-hospitaal in Mabopane (38), Pretoria Wes-hospitaal (51), Cullinan Rehabilitasiesentrum (69), Bronkhorstspruit-hospitaal (13), en Tshwane Rehabilitateitshospitaal (13).
Ten spyte van duisende ernstige voorvalle regoor die distrik, is slegs 55 dissiplinêre optredes in die provinsie aangeteken, wat op ’n ernstige gaping in aanspreeklikheid dui.
“Pasiënte moet in hospitale genees word, nie beserings opdoen of sterf weens swak sorg nie,” sê dr. Jack Bloom, die DA Gauteng Skadu LUR vir Gesondheid.
Hy voeg by dat baie van hierdie voorvalle kon voorkom gewees het met behoorlike personeel, toerusting en toesig.
LUR van Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, verduidelik in ’n brief op antwoord van vrae gestel deur Bloom in die Provinsiale Wetgewer, dat voorvalle kan uit ’n wye verskeidenheid oorsake ontstaan. Dit sluit in klinieke prosedures, medikasie en binne-aarse vloeistoffoute, gesondheidsorgverwante infeksies, laboratorium of patologiese foute, pasiënt-ongelukke en maagsere wat tydens of na toelating verkry is.
Administratiewe en gedragsfaktore kan ook daartoe bydra.
Sy sê om hierdie risiko’s te verlig, beveel die departement ’n kultuur van risikobepaling, gevaar-identifikasie en gevolge bestuur aan vir personeel wat by die voorvalle betrokke is.
Personeel moet opleiding en heroriëntering ontvang om vaardigheidsgapings te oorbrug, en standaard bedryfsprosedures word ontwikkel of bygewerk.
Sy bevestig in die brief dat daar van hospitaalbestuur verwag word om gereelde kwaliteitsondersoeke, oudits en saalrondes te doen om tekortkominge te identifiseer en aan te spreek.
Die styging in ernstige ongewenste voorvalle dui egter daarop dat hierdie maatreëls onvoldoende is, volgens Bloom.
Bloom glo hospitale in Pretoria moet hul bestuurspraktyke verbeter, personeel- en toerustingtekorte aanspreek, en dissiplinêre maatreëls toepas om pasiëntlyding te voorkom.
Hy doen ’n beroep op dringende ingrypings by hospitale met buitengewone hoë voorvalsyfers.
Voorstanders van pasiëntveiligheid beklemtoon dat hospitale moet plekke van genesing wees, nie beserings nie, bevestig Bloom.
“Openbare vertroue hang af van sigbare verbeterings in kwaliteitsorg en uitkomste,” sê hy.
Hy benadruk die behoefte vir proaktiewe monitor, aanspreeklikheid en strategiese belegging om verdere voorvalle te vermy.
Hy lig uit dat die voorvalsyfers van Pretoria-hospitale, asook in die provinsie, ’n duidelike patroon skets: dat ’n klein aantal fasiliteite verantwoordelik is vir die meerderheid van pasiëntskade.
“Dadelike aksie word benodig om te verseker dat pasiënte wat hierdie hospitale betree veilige en effektiewe sorg ontvang. Sonder betekenisvolle hervormings, voorkombare beserings en sterftes sal voortgaan om vertroue in Gauteng se openbare gesondheidstelstel te ondermyn,” meen hy.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
